Central SA
Suid-Afrikaanse mielieboere voorbeeld vir wêreld
12:39 (GMT+2), Thu , 29 May 2014
Central SA
Van links is Kobus Steenekamp, besigheidsbestuurder; Magda du Toit, kommunikasiebestuurder en Pieter Smit, produkbestuurder, saad en tegnologie, almal van Monsanto.
Suid-Afrikaanse mielieboere is ‘n voorbeeld vir die wêreld. Boere van Argentinië, Brasilië en ander oorsese lande wat onlangs plaaslike boere besoek het, was verstom dat ons boere in sommige dele van die land met minder as 400 mm reën tot 10t/ha kan produseer, het mnr Kobus Steenekamp, besigheidsbestuurder van Monsanto op ‘n mediakonferensie in Johannesburg gesê.



Hy het gesê dit is Monsanto se strategie om met die nuutste biotegnologie boere behulpsaam te wees om meer volhoubare voedsel op minder grond te produseer. Die maatskappy spandeer daagliks VS$2 miljoen (R20 miljoen) op landbounavorsing om te kyk hoe vinnig verbeterde genetika na die mark gebring kan word. Boere is egter nie verplig om GMO-saad te koop nie. Die maatskappy bemark ook konvensionele saad en dit is die boer se keuse wat hy wil plant. Die maatskappy werk saam met ander maatskappye om volhoubare voedselsekerheid te bewerkstellig,



“In die vroeë 90's is ongeveer vier miljoen ha mielies geplant wat ‘n opbrengs van 9.6 miljoen ton, gemiddeld 2.4t/ha, gelewer het. Die afgelope seisoen is ongeveer 2.7 miljoen ha geplant met ‘n verwagte opbrengs van 13 miljoen ton, gemiddeld 4.5t/ha.”



“Dit is ‘n voldonge feit dat voortaan meer voedsel op minder grond, en met minder water, nie alleen vir ‘n groeiende bevolking nie maar ook vir ‘n groeiende pluimvee- en rooivleisbedryf geproduseer moet word. Mense se eetgewoontes verander. Hulle wil nie net mieliepap eet nie, maar wil vleis daarby hê.



Die wêreldbevolking, volgens ‘n opname van die Verenigde Nasies, is vandag 7.1 miljard. In 1980 was dit sowat 4.4 miljard en teen 2050 sal dit byna 10 miljard mense beloop, wat almal gevoed moet moet word. Grond word al minder. Bewerkbare grond neem wêreldwyd af. In Suid-Afrika gaan jaarliks 10 000 ha verlore as gevolg van steenkoolmyne. Dit is veral hoëpotensiële grond in Mpumalanga,” het Steenekamp gesê.



Om dié verliese die hoof te bied, word die moontlikheid ondersoek om 300 000 ha in die Ooskaap vir opkomende boere te ontwikkel. Daar is reeds bewys dat opkomende boere – nuwe eraboere – groter voordele met biotegnologie benut sonder om die omgewing te besoedel.



Steenekamp het daarop gewys dat Monsanto wêreldwyd sowat 23 000 mense, insluitende wetenskaplikes, navorsers en landboukundiges in diens het wat 100% gefokus is op landbou. Biotekgewasse wat ontwikkel is, word deegliker getoets dan enige ander voedsel in die geskiedenis van die mensdom. Die veiligheid daarvan is onbetwisbaar. Sedert 1996 is drie triljoen maaltye reeds bedien, sonder enige nadelige gevalle.



Vir meer besonderhede skakel Kobus Steenekamp by 082-388-0219.






Gallery
AgriEco
Voting Poll
N