Highveld
Wydverspreide re├źn welkom!
12:05 (GMT+2), Wed , 18 June 2014
Highveld
Wydverspreide reën het die afgelope maand het groot skade aan infrastruktuur aangerig met miljoene rande se skade aan paaie en brûe. Dorpe soos Lephlale is oorstroom met moontlike oorstromings deur die oranje rivier naby Upington.Die reën het egter groot verligting gebring regoor die land met damme wat oorloop en grondvog en watertafels wat goed opgevul is deur die deurdringende reën. Die oes is gered deur die reën met ’n baie goeie vooruitskatting. Die voordele van die reën vir die landbou is egter baie groter as die nadele en skade wat veroorsaak is.

Mielies

•Internasionaal: Die Amerikaanse mieliepryse het hoër beweeg teenoor verlede maand. Die VSA geelmielieprys het op ’n maand-tot-maandgrondslag, met 10,7% (VSA $21,80/ton) hoër verhandel, terwyl die prys van witmielies met 12,8% (VSA $24,41/ton) hoër verhandel het. Die WASDE verslag het nie veel bygedra om pryse te ondersteun nie, omdat die VSA se voorrade aangepas is van 157,3 m ton na 158,47 m ton toe. Die VSA het egter nie die Brasiliaanse en Argentynse oeste nou aangepas nie terwyl hulle midde in ’n droogte tydperk is. Die tweede oes aanplanting in Brasilië is egter vertraag deur die droogte wat later moontlik ‘n effek op die opbrengs kan hê. Die onrus in die Oekraïne gebied is egter kommerwekkend en kan nog ’n groter effek op graanpryse hê.

· Plaaslik: Op die plaaslike mark het die mielieprys Amerikaanse mieliepryse nagevolg en op hoër vlakke verhandel as verlede maand. Die weeklikse gemiddelde prys van geelmielies het op ’n maand-tot-maand basis met 18,7% (577,80/ton) hoër verhandel, terwyl die maandelikse gemiddelde prys van witmielies 5,0% (R162,41/t) hoër verhandel het.Safex geelmielie future pryse het laer verhandel gedurende die week teenoor die vorige week:Mar-14 het 5,38% (R190/t) laer verhandel op R3,340/t, Mei-14 het 3,60% (R87/t) laer verhandel op R 2,333/t,Jul-14 het 1,11% (R25/t) laer verhandel op R 2,222/t, Sep-14 het 0,96% (R22/t) laer op R 2,260/t en Des-14 het 0,56% (R13/t) hoër op R 2,310/t.

Verwagting:Internasionale mieliepryse sal opwaarts beweeg in die korttermyn met ’n moontlike sywaarste beweging oor die mediumtermyn as gevolg van ’n groter vraag na uitvoer mielies, moontlike skade in Brasilë as gevolg van droogte maar die VSA gaan nou plant. Plaaslik behoort die mark die buitelandse pryse na te volg en opwaarts te beweeg oor die korttermyn omdat daar ’n tekort in die binneland is en die oes moontlik laat gaan en wees met ’n afwaartse beweging oor die medium termyn as gevolg van ’n beter as verwagte oes na die goeie reën.

Mielie Termyn Kontrakte 14 Mar 2014Mei-14Jul-14Sep-14Des-14Mar-15

CBOT ($/t)191,33193,06192,27191,80194,95

YMAZ SAFEX (R/t) 2,3332,2202,2602,3102,325

WMAZ SAFEX (R/t)2,3992,1282,1712,2222,265

Mar-14Mei-14Jul-14

YMAZ

Prys “Put” “Call” Prys “Put” “Call” Prys “Put” “Call”

2,2601441042,3001791392,340217187

2,2201221222,2601571572,300194204

2,1801021422,2201361762,260174224

WMAZ

Prys“Put”“Call”Prys“Put”“Call”Prys“Put”“Call”

2,1601411092,2202011522,260243205

2,1201191272,1801791702,220221223

2,080991472,1401581892,180199241

Koring

· Internasionaal: Die gemiddelde Internasionale prys van koring het die afgelope maand hoër verhandel teenoor verlede maand. Die prys van sagterooi koring in die VSA het gestyg met 8,3% (VSA $20,56/t) teenoor verlede maand, terwyl die prys van harde rooi koring met 9,8% ($27,39/t) hoër verhandel het teenoor verlede maand. Invoer pariteit is 3,1% hoër as ’n maand gelede as gevolg vanhoër pryse ten spyte van ’n sterker wisselkoers. Die krisis in die Swartsee gebied tussen die Oekraïne en Rusland het ’n positiewe effek op die prys van mielies sowel as koring. Omdat verskeping daar onder lei moet kopers elders kyk vir voorraad totdat die krisis opgelos is, wat nie lyk of dit gou gaan gebeur nie. Daar is ook ’n bekommernis oor die oes in die VSA wat gebuk gaan onder ’n droogte en skade veroorsaak deur die omlangse erge koue. Uitvoere vanaf Australië behoort bevoordeel te word deur die krisis in die Swartsee gebied en die laer as verwagte oes uit die VSA.

· Plaaslik:Op die plaaslike mark het koring die internasionale pryse gevolg en hoër verhandel die afgelope maand. Die plaaslike prys van koring het gemiddeld 0,8% (R32,20/ton) hoër gesluit op ’n maand-tot-maand basis. Die prys is hoër as gevolg van hoër internasionale pryse ten spyte van ’n sterkerwisselkoers. Op die plaaslike mark verhandel koring steeds redelik naby aan invoerpariteit. Safex future pryse het hoër verhandel gedurende die week teenoor die vorige week: Mar-14 het 2,81% (R109/t) hoër verhandel op R3,983/t,Mei-14 het 2,79% (R109/t) hoër verhandel op R4,013/t, Jul-14 het 3,07% (R119/t) hoër verhandel teen R3,999/t en Des-14 het 2,58% (R94/t) hoër verhandel teen R3,744/t teenoor die vorige week.

Verwagting: Internasionale koringpryse behoort opwaarts te beweeg oor die korttermyn en ’n moontlike sywaartse beweging in die mediumtermyn as gevolg van ’n beter vraag en koue skade in die VSA. Plaaslik sal koringpryse die internasionale pryse navolg en opwaarts beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike sywaartse beweging as gevolg van laer voorrade.

Koring Termynkontrakte

14 Mar 2014Mei-14Jul-14Sep-14Des-14Mar-15

SAFEX (R/t)4,0133,999 3,744

CME ($/t)252,50253,61256,54260,00

Jul-14Sep-14Des-14

Prys “Put” “Call” Prys “Put” “Call” Prys “Put “Call”

4,060144974,0402161753,780300264

4,0201221154,0001941933,740278282

3,9801031363,9601742133,700257301

Oliesade

· Internasionaal:Sojaboon pryse het hoër beweeg teenoor die vorige maand.Die maandelikse gemiddelde soja pryse in die VSA het met 5,7% (VSA$ 29,76/ton) hoër verhandel op $553,39/t teenoor ’n maand gelede. Sojameel het met 0,6% hoër verhandel terwyl soja oliekoek 10,2% hoër verhandel het. Die laer as verwagte groei in China het ’n groot invloed op die sojaboon mark omdat hulle die grootste invoerders van sojabone is. Die hoof van die Chinese beleid in die lanbousektor het gesê maatreëls moet streng nagekom word om die invoer van groot skaalse graan en katoen invoere te verhoed en die smokkelhandel te beperk omdat die land hoë voorrade het en die druk verlig moet word. Die Brasiliese sojaboon oes word nou geskat op 88,5 m ton wat 1,5 m ton laer as voorheen geskat. Paraguay se sojaboon oes is ook afwaarts aangepas van 9,3 m ton na 8,1 m ton ook weens droogte.

· Plaaslik: Op die plaaslike mark het die prys van oliesade gemeng verhandel teenoor die internasionale mark en het die prys van sonneblomme met 14,0% laer en sojabone het 1,9% hoër verhandel. Sojabone het ’n verhoging van R120/ton getoon, terwyl die prys van sonneblomsaad met R856/ton laer verhandel het teenoor ’n maand gelede. Die rand het op ’n sterker vlak teenoor die VSA dollar verhandel as verlede maand wat die plaaslike pryse nie teenoor werêld pryse ondersteun het nie. Sojaboon kontrakte op die Effektebeurs het egter laer verhandel as ’n week gelede: Mrt-14 het 8,0% (R561/t) laer teen R 6,450/t, Mei-14 het 2,97% (R188/t) laer teen R 6,151/t, Jul-14 het met 2,64% (R168/t) hoër verhandel op R 6,205/t, Sep-14 het met 2,71% (R173/t) laer verhandel op R 6,222/t en Des-14 het met 2,65% (R169/t) laer verhandel op R 6,208/t teenoor ‘n week gelede. Die gemiddelde sonneblom prys het 14% of (R856/t) laer verhandel vir die week is steeds 1,4% hoër verhandel as ‘n jaar gelede dieselfde tyd. Sonneblom kontrakte het laer verhandel en as volg behalwe Mar-14:Mar-14 het 4,81% (R250/t) hoër teen R5,450/t verhandel, Mei-14 het 2,31% (R120/t) laer verhandel teen R5,080/t en Jul-14 het2,19% (R116/t) laer verhandel teen R5,183/t en Sep-14 het 1,1% (R59/t) laer verhandel teen R5,296/t teenoor ‘n week gelede. Sorghum kontrakte vir Mei-14 het teen R2,795/t , Jul-14 teen R2,840/t, Sept-14 teen R2,935/t en Des-14 teen R3,045/t verhandel het.

Verwagting: Internasionaal, sojaboon pryse sal sywaarts beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike opwaarste beweging or die medium as gevolg van ’n laer vraag uit China omdat die ekonomie teen ’n laer pas groei. Plaaslik word verwag dat die sojaboon en sonneblom pryse die internasionale pryse sal navolg en sywaarts sal beweeg oor die korttermyn met ’n sywaartse beweging oor die mediumtermyn maar sonneblom kan afwaarts beweeg as gevolg van ’n groter as verwagte oes.

Oliesade Termynkontrakte

14 Feb 2014Mei-14Jul-14Sep-14Des-14Mar-15

CBOT Sojabone ($/t)510,15503,98452,76431,52

CBOT Soja Olie ($/t)42,2942,4141,8941,35

CBOT Soja koekmeel ($/t)444,00431,40393,00362,60

SAFEX Sojabone (R/t)6 1516 2056 2226 208

SAFEX Sonneblomsaad (R/t)5 0805 1835 2965 400

SAFEX Soghum (R/t)2 7952 8402 9353 045

Sonneblom Opsie Pryse (R/t) Absa Capital: 011 – 895 5524

Jul-14Sep-14Des-14

Prys“Put”“Call”Prys“Put”“Call”Prys“Put“Call”

5,2203042675,3404203765,440579539

5,1802822855,3003983945,400557557

5,1402623055,2603774135,360535575

Beesvleis

· Internasionaal: Beesvleis pryse in die VSA het op ’n maand-tot-maand basis, hoër verhandel. Pryse van die verskillende snitte in die VSA het soos volg verhandel: “Topside” het met 25,9% hoër verhandel en op VSA$ 305,00/cwt gesluit. “Rump” het hoër verhandel met 24,1% en gesluit op VSA$ 346,57/cwt. “Strip loin” het met 31,8% gestyg en gesluit op VSA$ 6,28,96/cwt,“Chuck” het egter 13,1% hoër verhandel en gesluit op VSA$ 327,27/cwt, terwyl “brisket”18,8% hoër verhandel op VSA$ 257,70/cwt. Die karkas ekwivalente prys het 21,7% hoër verhandel en gesluit op VSA$ 359,57/cwt. Beesvleis pryse in Nieu Seeland het afwaarts beweeg en bul prys is NZ 389c/kg terwyl koei pryse staan op NZ 286c/kg. Die Nieu Seeland en Australiese slagseisoen stoom voort en het slagtings goed opgetel na die hoogseisoen wat nou aan die gang is. Die middel Ooste se invoere is egter 20% laer gedurende Februarie. · Plaaslik:Op die plaaslike mark het die pryse die internasionale tendens nagevolg en ook hoër verhandel op ’n maand-tot-maand basis. Speenkalf pryse het 2,3% hoër gesluit op R17,30/kg. Die pryse van Klas C2 het 10,2% hoër verhandel en gesluit op R23,45/kg. Kontrak pryse en Klas A2 het onderskeidelik 2,3% hoër en 3,1% hoër verhandel op R34,20/kg en R31,15/kg. Volgens AMIE het die prys van ingevoerde beesvleissnysels (“beef trimmings”) uit Namibië en Botswana dieselfde verhandel het en gesluit op R46,80/kg.

Verwagting:

Internasionaal, beesvleis pryse behoort opwaarts te beweeg oor die korttermyn met ’n opwaartse en moontlike sywaartse beweging oor die mediumtermyn as gevolg van laer voorrade in die VSA en beter vraag. In die plaaslike mark sal pryse opwaarts beweeg in die korttermyn met ’n sywaartse beweging in die mediumtermyn as gevolg van laer voorrade na die goeie reën oor die hele land.

Skaapvleis

· Internasionaal: Die prys van Nieu Seeland skaapvleis het laer gesluit. Lam was 3,21% hoër en het op NZ$5,22/kg gesluit.

· Plaaslik: Op die plaaslike mark het pryse laer verhandel die afgelope maand. Klas A2 het 0,49% laer verhandel en gesluit op R48,75/kg. Kontrak pryse (A2/A3) het ook met 0,37% laer gesluit op die prys op R51,80/kg. Klas C2 het met 7,25% laer gesluit op R31,35/kg. Die prys van lammers het die prys van skaap nie na gevolg nie, maar hoër verhandel met 1,19% om op R22,60/kg te sluit. Volgens AMIE het die gelande prys van ingevoerde rib het laer gesluit op R31,85/kg terwyl die prys van ingevoerde blad R38,95/kg was.

Verwagting: Internasionale pryse sal sywaarts beweeg oor die korttermyn met ’ sywaartse beweging in ie mediumtermyn as gevolg van laer vraaghoer aanbod uit New Zealand en Australia omdat dit nou die slagseisoen is.Plaaslik, gaan skaap vleispryse afwaarts beweegoor die korttermyn met ‘n sywaartse beweging oor die mediumtermyn wat gevolg sal word deurlaer voorrade.

Varkvleis

· Internasionaal: Die pryse van varkvleis in die VSA het hoër verhandel die afgelope maand. Die prys van lendeskyf het 18,49% (VSA$ 39,49/cwt) hoër gesluit op VSA$ 133,09/cwt teenoor ’n maand gelede. Die prys van rib het met 13,73% (VSA$ 19,66/cwt) hoër gesluit op VSA$ 162,84/cwt. Die prys van ham het hoër verhandel met 17,65%(VSA$ 14,09/cwt) en gesluit op VSA$ 93,90/cwt, terwyl karkaspryse met 43,09% (VSA$ 39,94/cwt) hoër gesluit het op VSA$ 132,63/cwt. Die invoerpariteit het met 11,78% gestyg tot R 30,82/kg. In die VSA is die varkprodusente in die verpakkingsbedryf bekommerd omdat die getalle in Julie en Augustus redelik laer gaan wees. Laas week se slagtings was alreeds 5,7% laer as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

· Plaaslik: Op die plaaslike mark het die varkvleis pryse die internasionale pryse nagevolg en hoër verhandel die afgelope maand. Die prys van Porkers was7,68% hoër as ’n maand gelede en het op R22,56/kg gesluit terwyl die prys van Baconers 3,48% hoër gesluit het op R22,61/kg. Die hoër pryse was as gevolg van ’n hoër vraag. Die prys van ingevoerde lendskyf uit Kanada het laer verhandel teen R38,85/kg.

Verwagting: Internasionaal behoort pryse opwaarts te beweeg oor die korttermyn met ’n opwaartse beweging oor die mediumtermyn as gevolg van beter vraag na varkvleis en hoër rooivleispryse. Op die plaaslike mark gaan pryse opwaarts beweeg oor die korttermyn met ’n sywaartse beweging as gevolg laer aanbod.

Hoendervleis

Internasionaal: In die VSA het hoendervleis hoër verhandel die afgelope maand, ten spyte van laer volumes. Heel hoender pryse het met 16,5%(VSA15,09c/lbs) hoër verhandel teen VSA 106,67c/lbs, terwyl boudjie pryse ook hoër verhandel het op VSA 42,5c/lbs of 1,2% hoër teenoor verlede maand. Borsstukkies het ook hoër beweeg met 18,0% (22c/lbs) en op VSA 144c/lbs gesluit.In die VSA word daar in die week 157,3 miljoen hoenders (broilers) geslag vergelykend met 155,3 miljoen hoeders ’n week gelede en vir die week van 21 Maart 2014 word beplan om 159,5 miljoen hoenders te slag. Die voorrade is op redelike hoë vlakke. ’n Hoender slagpale in Siberië in met meer $3,5 miljoen beboet as gevolg van die onwettige manier waarop hulle van die afval ontslae raak in die omgewing. .

· Plaaslik: Op die plaaslike hoendermark het vars hoendervleis pryse hoër verhandel asook die van stukkies en gevriesde hoender op ’n maand-tot-maand grondslag en dus die internasionale mark na gevolg. Heel vars hoender was hoër en het 2,0% hoër gesluit op R20,79/kg en heel gevriesde hoender het 0,8% hoër gesluit op R20,86/kg. Die prys van IQF het die heel hoenders nagevolg en gevolglik met 0,5% hoër gesluit op R16,93/kg. Die beweging in die hoendervleis mark was laer as verwag maar hoër verbruikers vraag behoort pryse te laat styg. Die prys van ingevoerde boudjies uit die EU het hoër verhandel teen R19,50/kg en “grillers” laer op R28,20/kg. Pryse van die EU word nou gebruik omdat dit hoër is as die ingevoerde prys van Brasilië.

Verwagting: Internasionaal word verwag dat hoenderpryse opwaarts sal beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike opwaartse beweging oor die mediumtermyn as gevolg van beter vraag na hoendervleis oor die Paasfees tydperk. Plaaslike sal die pryse opwaarts beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike opwaartse beweging oor die mediumtermyn as gevolg van hoër vraag, ondersteun deur hoër rooivleis pryse.

Lewende hawe Pryse (R/kg)

14 Mar 2014

Bees

Skaap

Vark

Hoender

Huidige WeekVerlede

WeekHuidige WeekVerlede

WeekHuidige WeekVerlede

WeekHuidige WeekVerlede

Week

Klas A / Porker / Vars Hoender31,1531,0748,7548,8622,5619,58 20,79 20,64

Klas C/ Baconer / Gevriesde hoender23,4523,3231,3531,4322,6122,2420,8620,64

Kontrak / Baconer/ IQF34,2034,0751,8051,8622,5921,9116,9316,88

Invoer pariteit prys

42,5243,0033,5633,6330,8229,2413,9413,85

Speen kalwers / Voer Lammers/17,3017,2222,9023,09----

Spesifieke Invoere: Beefs snitte 80vl/b/Skaap blad/Loin b/in /hoender boudjies1/446,8047,7038,9538,9538,8538,8519,5019,00

Vesel

· Internasionaal: Die Australiese wolmark het laer verhandel as vroeër in die seisoen. Die AWEX mark aanwyser het met Auc/kg laer gesluit op Au1054c/kg, dit was 3,13% laer as die vorige sluiting op Au 1088c/kg. Die AU prys het naby die weerstandsvlakke van 1050c/kg beweeg en kan nader aan die 1000c/kg weerstand vlak beweeg indien die vraag nie verbeter nie. Katoenpryse het die afgelope maand met 2,85% gestyg en gesluit op US 86,75c/lbs. Die totale katoen verkope vir die laaste week was 26,406bale vergeleke met 16,499bale die vorige week en 16,938 bale ’n jaar gelede.Die totale hoeveelheid bale wat die seisoen al verkoop is, is 1 232,536 bale teenoor 1,535,448 bale van dieselfde tyd verlede seisoen.

· Plaaslik:Op die plaaslike wolmark was die laaste veiling op 12 Maart 2014. Die plaaslike wolmark het gesluit op R114,81/kg, dit is 4,91% laer as die sluitingsprys teen die einde van die vorige maand.Vraag vanuit China is laer en pryse besig is om sywaarts te beweeg. Die prys van katoen het egter die afgelope maand 0,96% toegeneem tot R23,30/kg. Die afgeluide Suid-Afrikaanse prys staan nou op R23,30/kg teenoor R23,08/kg ’n maand gelede.

Verwagting: Internasionaal gaan die wolmark afwaarts beweeg in die korttermyn met ’n moontlike sywaartse beweging oor die mediumtermyn met ’n laer vraag uit China. Katoen sal opwaarts beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike sywaartse beweging oor die mediumtermyn soos vraag verbeter. Plaaslike wolpryse en katoen sal die internasionale mark navolg met pryse wat afwaarts sal beweeg oor die korttermyn en sywaarts oor die mediumtermyn.

Vesel Mark analiese

Groente Mark Tendense

· Kool: Kool pryse het dieselfde verhandel op ’n 0% toegeneem op jaar-tot-jaar grondslag, en ’n toename van 29,9% getoon teenoor twee jaar gelede maar2,8% toename teenoor verlede week. Die sywaartse prysbeweging teenoor dieselfde tyd verlede maand was ten spytevan 3,0% verlies aan volumes. Die verwagting is dat pryse opwaarts kan beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike sywaartse beweging oor die medium termyn as gevolg van hoër volumes voor die winter.

· Wortels:Wortel pryse het met 27,6% toegeneem op ’ maand-tot-maand basis maar het met 152,1% toegeneem op ’n jaar-tot-jaar grondslag, asook 134,4% toegeneem vergelykend met twee jaar gelede maar 42,1% toegeneem teenoor verlede week. Die toename in prys teenoor verlede maand was ten spyte van ’n 3,0% afname in volumes teenoor verlede maand. Die verwagting is dat pryse opwaarts sal beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike sywaartse beweging oor die mediumtermyn as gevolg van ’n beter vraag.

· Uie: Die prys van uie het met 3,8% afneem op ’n maand-tot-maand basis maarhet met 63,5% toename op ’n jaar-tot-jaar grondslag, en 3,6% toename vergelykend met twee jaar gelede en 1,2% toegeneem teenoor verlede week. Die afname in prys teenoor verlede maand was ten spyte van ’n 20,5% toename in volumes teenoor verlede maand. Die verwagting is dat pryse afwaarts sal beweeg oor die korttermyn met sywaartse beweging oor die mediumtermyn as gevolg van moontlike hoër aanbod na die onlangse reën met die naderende winter.

· Aartappels: Aartappelpryse het 1,9% toename op ’n maand-tot-maand basis maar het met 16,7% toegeneem op ’n jaar-tot-jaar grondslag, asook ’n 44,7% toename vergelykend met twee jaar gelede maar het met 3,6% toegeneem teenoor verlede week. Die toename in prys teenoor verlede maand was ten spyte van ’n 8,9% toename in volumes. Die verwagting is dat pryse sywaarts sal beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike afwaartse beweging oor die mediumtermyn as gevolg van ’n hoëraanbod na die baie reën.

· Tamaties: Tamaties se pryse het 4,1% afgeneem op ’ maand-tot-maand basis, en met 7,4% toegeneem op ’n jaar-tot-jaar grondslag, maar ’n 104,5% toename teenoor twee jaar gelede en met 7,9% toegeneem teenoor verlede week. Die afname in prys teenoor verlede maand was as gevolg van ’n 5,4% toename in volumes oor dieselfde tyd. Die verwagting is dat pryse afwaarts sal beweeg oor die korttermyn met ’n moontlike sywaartse beweging in die mediumtermyn as gevolg van hoër aanbod na die reën.

Navrae: Dawid Snyman

E-mail: dawidsn@absa.co.za

Vrywaring: Alhoewel alles gedoen is om die akkuraatheid van inligting te verseker, aanvaar ABSA geen verantwoordelikheid vir enige aksies of verliese wat gely mag word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

Gallery
AgriEco
Voting Poll
N