Highveld
Die opwinding van Tentpegging
09:39 (GMT+2), Mon , 07 July 2014
Highveld
Martin Pottek.
Tentpegging, voorheen alombekend as Gymkhana, is ’n tradisieryke kavalier perdesport met sy oorsprong in vroeë 1900’s in Suid-Afrika. In die 1960’s is die sport amptelik as ’n Suid Afrikaanse sportkode erken.

Met die militêre akkuraatheid en dissipline waarin hierdie sport beoefen word, is dit een van die mees aanskoulikste perdesporte in die land.

Die verhouding tussen ruiter en perd word ten toon gestel op van die aanskoulikste wyses waarop die ruiter se vernuf tot op die uiterste beproef word.

Buiten die verhouding tussen ruiter en perd, skep Tentpegging die geleentheid om binne spanverband jou vaardighede en vermoeëns ten toon te stal.

Tentpegging is ’n baie familie georiënteerde sport waaraan die hele gesin kan deelneem op of ’n ontspannings of selfs ’n meer kompeterende grondslag.

Vir die meer ontspanne ruiter skep Tentpegging die geleentheid om op klubvlak deel te neem sonder die intensiteit van die meer kompeterende ruiter.

Dit skep ook die geleentheid om die persoon se liefde vir sy perd uit te leef. Vir ruiters wat die sport tot op die hoogste vlak wil beoefen, is die struktuur so geskep dat ’‘n ruiter provinsiale en selfs nasionale kleure kan verwerf in Tentpegging.

Vele suksesverhale het hom al afgespeel in die Tentpegging gemeenskap, selfs so onlangs soos Maart 2014 waar die nasionale Protea mans-span gekroon is as die wêreldkampioene nadat hulle die World Tentpegging Games in Oman gewen het.

In vroeëre tye het ruiters van regoor die destydse Oos- en Suidoos-Transvaal groot suksesse behaal en sodoende groot eer onder die Tentpegging gemeenskap verwerf.

Mpumalanga het onlans Tentpegging gevestig in die provinsie met die stigting van die Mpumalanga Tentpegging Assosiasie. Met die stigting van die Mpumalanga Tentpegging Assosiasie is daar gefokus om die sport in die provinsie te bevorder tot een van die voorste perdersporte in Mpumalanga.

Daar is tans drie Tentpegging klubs in die provinsie, met ’n verdere drie bykomende klubs wat binnekort gestig gaan word.

Daarby is die uitnodiging van die Hartland Landbou Skou met ope arms ontvang om sodoende die eerste amptelike Mpumalanga Tentpegging Kampioenskappe by die Hartland skou te Pienaardam aan te bied op 6 September 2014.

Dis die hoogtepunt op die Mpumalanga Tentpegging kalender waar die onderskeie pronvinsiale spanne aangekondig sal word wat Mpumalanga sal verteenwoordig op die senior sowel as junior interprovinsiale kampioenskappe later in die jaar.

Gallery
AgriEco
Voting Poll
N