Highveld
GGS Brahman en Simbra Stoet
09:42 (GMT+2), Mon , 07 July 2014
Highveld
Die manne van GGS Brahman en Simbra stoet lewer nie net top bloedlyne nie maar is ook karkas kampioene.
GGS Brahman en Simbra Stoet het sy ontstaan in 2008 gehad toe die eerste beeste van top telers gekoop is. 


Tans is dié stoet se visie om een van die voorkeur telers van selektiewe Brahman en Simbra bloedlyne te wees.

Hulle missie is om Brahman en Simbra’s aan geselekteerde markte te voorsien wat diere benodig wat in die geharde Suid-Afrikaanse kondisies kan produseer.

GGS Stoet verkoop slegs diere wat vrugbaar en struktureel korrek is en wat bevoeg is om dieselfde tipe nageslag te produseer.

Dus word daar slegs diere verkoop wat vir hulle eie kudde gehou kon word en wat die koper se finansiële posisie sal bevorder.

GGS Brahman en Simbra Stoet is trots om deel te wees van die Hartland Landbouskou wat hierdie jaar vir die vyfde jaar in Middelburg Mpumalanga plaasvind.


Gallery
AgriEco
Voting Poll
N