Highveld
Hartland Landbouskou
09:46 (GMT+2), Mon , 07 July 2014
Highveld
Die perde arena en groot uitstallers vanuit die lug
Dink aan boere en trekkers en beeste. Dink aan perde en honde en skape. Dan dink jy aan braaivleis én bier én lente én die natuur. Dan kom jy op 5-7 September na die Hartland Landbouskou en jy kry alles hier.

Groot opgewondenheid heers hierdie jaar oor die 2014 Hartland Landbouskou wat van 5-7 September by Pienaardam ontspanningsoord gehou word.

Die skoukomitee bestaan uit ’n hele paar formidabele manne en vroue uit verskeie sektore van plaaslike besighede wat op een of ander manier betrokke is in die landboubedryf. Hierdie is almal sakemense met

propvol skedules wat hulle persoonlike tyd opoffer om hierdie jaar se landbouskou dié beste nog te maak.

Die kragtige komitee het besluit om dié jaar ’n paar doelgerigte veranderinge te maak sodat elke boer, uitstaller, deelnemer en skouganger optimale blootstelling in die landboubedryf kan kry.

Van die veranderings is om die skou te verkort van sewe dae na drie dae sodat almal wat wil, betrokke kan raak sonder om te veel besigheidsure prys te gee. 


Nog ’n omwenteling was die besluit om die verrigtinge van die skou op ’n gesentreerde punt op die oord te laat plaasvind.

Dit wil sê dat die perde, beeste en skape kompetisies, asook die veilings en stalletjies alles bymekaar gaan plaasvind.

’n Nuweling by die skou hierdie jaar is die Mpumalanga Tentpegging (beter bekend as Gymkhana) Assosiasie wat hulle eerste amptelike Mpumalanga Tentpegging kampioenskap by die skou gaan aanbied.

Nog ’n nuweling is die Boerboel assosiasie wat die gewilde waghonde gaan skou en gradeer.

’n Bergfiets wedren en ou gunstelinge soos die potjiekos kompetisie en boerebraai beloof ook om groot trekpleisters vir die algemene publiek te wees.

’n Skou van dié kaliber is die ideale netwerk geleentheid vir enige iemand wat ’n diens of produk het om aan die landboubedryf te lewer. Die opvoedkundige waarde van so ’n skou moet ook gladnie onderskat word nie.

Toegang na die skouterrein is gratis, dus hoef klein Pietie en Sannie nie op die iPad te kyk hoe ’n skaap geskeer word, of hoe ’n trekker en ’n bees van naby af lyk nie.

Die skoukomitee nooi elkeen om betrokke te raak by

die skou en om die perde ruiters, boere en uitstallers te komondersteun.

Graaag bedank hulle ook al die borge: Shanduka, Landbank, Nedbank, BB Trucks en Voermol.


Gallery
AgriEco
Voting Poll
N