Highveld
Vyfde nasionale karkaskompetisie
09:49 (GMT+2), Mon , 07 July 2014
Highveld
GGS Brahman en Simbra stoet was die wenners van die Nasionale karkaskompetisie in 2010.
Die Vyfde Slagos – Nasionale Karkaskompetisie word 6 September ’14 by die Hartland Landbouskou by Pienaardam gehou. 

Die rede waarom so ’n kompetisie gehou word is om die boer te help om top kwaliteit bulle te teel of aan te koop om sodoende ’n swaarder speenkalf te kan bemark.

In 2010 en 2011 het Manso Brahmane as wenners oorheers, in 2012 het die Beefmaster ras as meesters uitgestap en in 2013 het die Simbra ras koning gekraai.

Daar word gehoop om in die 5de bestaansjaar van die kompetisie ’n bonsmara te kroon as wenner.

Beoordelaars van reg oor die land word gebruik vir die ‘Op Hoef” beoordeling en SAMIC doen die ‘Op Hak’ beoordeling.

Hierdie beoordelaars is in vir ’n groot ding, aangesien die inskrywers al baie ernstig besig is om te voer en die vordering op die osse lyk al baie goed.

Die algehele groot totaal punte verdien op die individuele wen karkas in 2010 was 88%, in 2013 was dit al 96% en daar word gepoog om hierdie jaar dit nog hoër te kry.

Inskrywings groei jaarliks vir die kompetisie en die positiewe gesindheid onder die deelnemers is fenominaal.

Die karkas kompetisie is ook van belangrike opvoedkundige waarde, aangesien die verbruiker kan kom kyk hoe die vleis lyk voor dit in sy bord beland, en die geleentheid kan kry om by die boer self uit te vind deur watter prosesse alles gegaan moet word om jou vleis op jou tafel te kry.

Die beeste word Donderdag, die 4de September, reeds by die skougronde afgelaai, Vrydag word hulle geweeg en gemerk en Saterdag vind die Op Hoef beoordeling plaas.

Sondag sal die beeste oorstaan op die skouterrein en Maandag word hulle dan vervoer na die slagpale waar die ‘Op Hak’ beoordeling sal plaasvind.

Dinsdag, 9 September, word die wenner by ’n prysuitdelings funksie by die slagpale aangekondig gevolg deur ’n braai vir die deelnemers.

Almal is welkom om nog in te skryf en deel te neem. Vir meer inligting oor die kompetisie kan Douw Steyn gekontak word by 082 927 2471.


Gallery
AgriEco
Voting Poll
N