Highveld
Karoo-Ochse hou veiling
09:52 (GMT+2), Mon , 07 July 2014
Highveld
’n Tipiese veiling deur Karoo-Ochse.
Witbank Karoo-Ochse hou veilings van stoetvee, algehele uitverkopings, insolvente boedels, melkkuddes, bestorwe boedels en landboutoerusting.

Buiten hierdie lys van bedrywighede is hulle ook betrokke by die Hartlandbouskou wat jaarliks by Pienaardam gehou word. 

Hierdie jaar is dit weer so wanneer die Hartlandskou plaasvind van 5-7 September 2014.

Gedurende hierdie skou is daar ’n Bul- en Ramveiling, asook ’n nasionale karkas kompetisie waar slagbeeste op die hoef geklas word, waarna dit na die slagpale vervoer en geslag word.

Presiesie en slagwaardes ding dan mee om die beste slagpersentasie en die oordeel van die hoef na die hak te toets. Groot pryse is op die spel.

In aanloop tot die skou is daar ook ’n alle ras Bul- en Ramveiling, en ’n speenkalfveiling, wat ook by Pienaardam plaasvind.

Dit is die vyfde jaar wat Karoo-Ochse hierdie veilings aanbied.

•Hierdie jaar se bulveiling vind plaas op 15 Julie 2014 en rasse wat aangebied word is Charolais, Simbra, Wit en Rooi Brahmane, Bonsmara en Simmentaler; Ile de France ramme word ook aangebied.

Die speenkalf veiling vind plaas op 19 Augustus 2014. Karoo Ochse bied ook weeklikse veilings op Woensdae in eMahaleni om 11:00, by die veilingskrale langs die abattoir.

Vir verdere besonderhede kan die volgende persone gekontak word; Flip Jansen 082 455 9476, Gert Bosch 082 3883 056, Flip van der Merwe 082 3883 055.


Gallery
AgriEco
Voting Poll
N