Highveld
Ile De France haal reuse prys
10:02 (GMT+2), Mon , 07 July 2014
Highveld
Me. Regina Harmse (links) van Ermelo wat die beste Ile De France-karkas geteel het saam met Mohammed Dawood van Willowton Meats, wat die karkas van 24 kg (heel regs agter Mohammed se rug) teen R340/kg gekoop het.
’n Ile De France-lamskarkas van me. Regina Harmse van die RCH Ile De France-stoet op Ermelo het die enorme prys van R340/kg behaal by die Royal-skou se karkaskompetisie.

Die karkas van 24 kg is vir R8160 verkoop. Die kopers van die karkas, was mnre. Mohammed en Arsaad Dawood van

Willowton Meats in Durban, wat R37 160 by die karkaskompetisie bestee het.

Mohammed, ’n derdegenerasie-slaghuiseienaar wat al meer as 20 jaar in die bedryf is, was baie ingenome met sy aankope en meen hy sal verseker hierdie karkasse aan sy kliënte teen ’n premie kan verkoop.

“Almal wil weet hoe ’n kampioen proe,” verduidelik hy .“Buiten die feit dat ons jaarliks uitstekende blootstelling en bemarking vir ons slaghuise deur die karkaskompetisie ontvang, is dit ook vir ons ’n geleentheid om die verskille in vleis- en karkas-samestelling tussen die rasse aan die kliënte duidelik te maak. Op hierdie wyse kan hulle ’n ingeligte keuse uitoefen.”

Gallery
AgriEco
Voting Poll
N