Northern KZN
Twee reuse stel nuwe vennootskap bekend
09:28 (GMT+2), Thu , 10 July 2014
Northern KZN
Colesberg groep.
Tisha Steyn
Is die wêreldwye finansiële krisis verby?
Waarskynlik nie, het Dawie Roodt, ‘n stigterslid en Hoofekonoom van die Efficient Groep, vroeër vandeesmaand tydens inligtingsessies in vier Oos-Kaapse dorpe gesê.
Sowat 240 boere uit die omgewing van Queenstown, Barkley-Oos, Graaff-Reinet en Colesberg in die Noord-Kaap het die inligtingsessies bygewoon.
Volgens Roodt is dié krisis veroorsaak deur die verkeerde ekonomiese beleidsrigtings deur verskillende owerhede.
Die swak besluite het gelei tot ‘n massiewe publieke skuldlas in die VSA, ongesonde lae rentekoerse in die VSA en Europa, spanning tussen China en sy bure en onrus weens Russiese president Vladimir Putin se onlangse optrede in die Krim. Ongelukkig het swak besluite elders in die wêreld ‘n direkte uitwerking op Suid-Afrika se ekonomie, en dus ook op landbou. “As jy weet wat in die buiteland aangaan sal jy weet hoe dit jou landboubesigheid gaan beïnvloed,” het hy gesê. Volgens Roodt is boerdery nie meer ‘n primêre bedryf nie. Die plase word groter en raak meer gespesialiseerd en boere het nuwe vaardighede nodig. Boere moet begin om anders te dink. Hulle moet in al groter mate begin saamwerk en waarde tot hul produk toevoeg. Sodoende kan die winsneming van die middelman wat tussen die plaashek en die verbruiker se bord kos staan, verminder word.
Met betrekking tot onsekerheid oor politieke uitsprake oor grondonteiening, het Roodt gesê boere moet die risiko’s bestuur. “Die regering gaan minder belangstel in jou plaas as jy die bank geld skuld, of as jy ‘n groot, suksesvolle boer is. “Diversifiseer jou bates, betrek buitelanders by jou besigheid en wees veral likied. Jy is baie meer vlugvoetig as die burokratiese masjien: die staat het nie die vermoë om te doen wat hulle dreig om te doen nie.”
Die wêreldresessie was een van die kwessies wat ter sprake gekom het tydens die inligtingsessies oor die nuwe vennootskap tussen die Efficient Groep en landboudiensverskaffer BKB gehou om hul nuwe vennootskap met BKB bekend te stel.
Die vennootskap wat na ‘n jaar se navorsing en onderhandelings in November 2013 tot stand gekom het, en is onlangs op Nampo bekend gestel en sal met verloop van tyd ook wyer aan boere voorgelê word.
BKB AgriFin bied reeds produksie-insette, tegniese ondersteuning, doeltreffende vervoer en finansiering aan. “Sonder toegang tot ‘n reeks finansiële dienste wat die behoefte van boere doeltreffend aanspreek, kan die landbousektor nie suksesvol voortbestaan nie,” het Cobus Oberholster, hoof van AgriFin, ter inleiding tot die inligtingsessies gesê.
Volgens Oberholster se navorsing skuld boere tans R102 miljard, ‘n dramatiese toename vanaf R57.4 miljard in 2008. Dit beklemtoon landbou se behoefte aan finansiering ten einde die doelwit om voedselproduksie teen 2050 met 70 persent te laat toeneem.
BKB AgriFin, wat onstaan het uit BKB se betrokkenheid by kliënte se waardeketting, fokus op die verskaffing van innoverende finansiële produkte en oplossings. Die dienste sluit onder meer produksielenings, kredietlyn-fasiliteite en handelsfinansiering in.
Die Efficient Group bestaan uit vier besighede, naamlik Efficient Advise, Efficient Select, Efficient Invest en Efficient Capital, wat elkeen gespesialiseerde finansiële dienste lewer. “As twee kundige maatskappye hande vat maak dit besigheidsin,” het Willem Basson, ‘n hoofbestuurder van Efficient Advise, gesê.
Bykomende dienste wat Efficient Advise aan boere verskaf, sluit onder meer batefinansiering, werknemervoordele, korttermynversekering, beleggingsbestuur en boedelbeplanning in.
Elkeen van die sessies is afgesluit met ‘n ete wat die boere die geleentheid gegee het om met Roodt, Basson en Angus Blackbeard van Efficient in Durban, Oberholster en Jacobus le Roux, hoofbestuurder: Korporatiewe Bemarking en Openbare Betrekkinge, en personeel van plaaslike takke van albei besighede te ontmoet.
Besoek die webwerf www.bkb.co.za, stuur ‘n epos na bkb@efadvise.co.za of bel 0860 ADVISE (238473) vir meer inligting oor die nuwe dienste wat hierdie nuwe vennootskap bied.


Gallery
AgriEco
Voting Poll
What do farmers do with the manure that cattle produce?
Let the pigs roll in it.
Use it on the fields as fertiliser.
Throw it away.
Sell it.
N