Eastern Cape
Simpatie met bye asseblief
10:25 (GMT+2), Mon , 08 September 2014
Eastern Cape
Heuningbye was seker die aarde se heel eerste lekkergoedvervaardigers. Hulle soetgoed is deur volkere dwarsoor die wêreld versamel om nie alleen kos soet te maak nie, maar ook om byewas te ontgin as brandstof vir kerse en seëlmiddel vir ingelegde kosse. Tog is daar ongekende vrese by mense oor die heuningmakers. Bye is giftig en kan soms by uitsondering die dood van iemand wat gesteek is, veroorsaak, maar in die meeste gevalle is die steek slegs ‘n tydelike ongemak met ‘n brandende pyn. Daar is vrese dat heuningbye orals oor aan die uitsterf is en niemand kon nog presies vasstel wat die oorsaak van byesterftes is nie. Bewerinsg oor bepaalde plaagdoders word elke week gepubliseer net om elke ande week deur ander publikasies weerlê te word. sommige bronne is van mening dat bye se voedselbronne aan die afneem is en dat heuningbye nie genoeg verskeidenheid voedselsoorte benut nie. Wat ook kommer wek is dat kommersiële heuningbye wat vir bestuiwing gebruik word, oorwerk word. Vir Jan Alleman is bye ook belangrik selfs daar in die voorstedelike tuin waar hulle tuinplante en vrugtebome bestuif. Die paniekknoppie worg egetr maklik gedruk as ‘n swerm bye in ‘n tuinopdaag en beging saamkoek of selfs ‘n kolonie in die skoorsteen of in ‘n muurholte vestig. Dit is juis dan wanneer mense dom dinge doen en die bye sowel as hulleself in gevaar stel. Die ergste wat mens kan doen is om die bye met ‘n aerosolkannetjie te takel en te probeer uitwis. As die bye gevaar ruik raak hulle verdedigend en die angels word uitgehaal om die viand af te dryf. ‘n Enkele bysteek is gewoonlik nie erg nie maar as ‘n verwoede swerm jou pak, is dit einde se kant toe. So wat nou gedaan? Bly weg en moenie enige iets doen wat die be knorrig gaan maak nie. Natspuit, insekdoderspuit en slaan met enige voorwerp is soos ‘n oorlogsverklaring en dan gaan die bye tot aksie oor. Die beste is om weg te bly van daardie swerm en ‘n plaagbeheeroperateur of byeboer te skakel wat die bye kan verwyder en hopenlik die swerm kan red. Bye is kosbaar en behoort nie vernietig te word nie. Elke persoon behoort ook voedselplante vir bye aan te plant. Vrugtebome, aalwyne en blomplante wat oor verskillende seisoene heen nektar en stuifmeel kan verskaf is noodsaaklik vir die voortbestaan van bye. As daar dalk ‘n swerm op ‘n afgeleë plek in die tuin opdaag, probeer saam met hulle leef. Maak tog seker die tuiningenieur gebruik nie sy petrolaangedrewe grassnyer naby die korf nie want dit lei altyd tot ‘n onderonsie waarin die bye sonder meer die wenners is! Moet ook nie in die somermaande blikkies koeldrank oop en bloot in die tuin laat rondstaan nie. Dis juis daar waar die bye lafenis gaan soek en dan iemand op die lip piets. As daar wel ‘n tuinparty moet wees, lok die bye vooraf weg met ‘n plat bak heuningwater wat ver van mens en dier geplaas word. As daar die vermoede bestaan dat iemand in die familie allergies vir bysteek is, moet die gesin se mediese praktisyn gekonsulteer word oor die regte terapeutiese middel indien so ‘n persoon wel gesteek word. Vir diegene wat nie allergies is, kan die dokter gewone vinngwerkende anti-histamiene voorskryf as stroop of tablette en selfs salf vir daardie seerplekkie. Kan ons nie maar elkeen iets vir bye doen nie? Net een ou blomplantjie sal al klaar die wêreld meer byevriendelik maak!

Gallery