Eastern Cape
Volhoubare weidingsboek reeds uitverkoop
06:28 (GMT+2), Tue , 14 October 2014
Eastern Cape
Die welbekende, aktuele en gewilde weidingboek “Gids tot die volhoubare produksie van weiding”, saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) se eerste druk is binne ‘n jaar reeds uitverkoop. Die boek is pas herdruk (tweede uitgawe) en is weer beskikbaar by: johan.terblanche@media24.com, tel 021 4064962. Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: landbou.com. Gaan heel bo na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” Die boek kan dan met ‘n Kt kaart bestel word. Prys is R400 plus posgeld. Alles rondom die volhoubare bestuur en benutting van natuurlike veld en aangeplante weidings vir kleinvee-, grootvee- en wildboere word in die boek aangebied. Hierdie boek van meer as 500 bladsye is ‘n moet vir elke vee- en wildboer. Die nuutste weidingkundige aspekte is in die herdruk aangebring. Die boek bevat die nuutste inligting oor onder andere die ekologiese benadering tot weiveldbenutting deur vee en wild, nuutste veldbestuurspraktyke, veeverhoudings, brand van weiveld, veldrestourasie, wildboerdery se moets en moenies, oplossings vir probleem- en indringerplante, alle aspekte oor die verbouing en benutting van aangeplante weidings (grasse en peulplante), voergewasse vir droogtetye en –streke (verskeie turksvy kultivars word evalueer) en probleme met die benutting van weidings. Die skryfstyl is eenvoudig, met die inhoud nie ‘n ingewikkelde wetenskaplike relaas nie.

Gallery