North West
Spogwild onder die hamer
09:32 (GMT+2), Wed , 04 March 2015
North West
Mnr Piet du Toit van Lindleyspoort net buite Rustenburg se wildveilings van die afgelope anderhalf jaar het elke keer daarin geslaag om Suid-Afrikaanse wildtelers en geesdriftiges in rep en roer te hê en die mees onlangse veilig op 13 Februarie was weer eens ‘n veiling wat almal aan die praat gehad het. Hierdie rooi Gemsbokbul en split dragtige koeie het tydens dié veiling ’n rekordbedrag van R30 miljoen vir ‘n enkele lot behaal. Dit is die meeste wat tot nog op hierdie veiling vir ‘n lot betaal is. Sien meer foto’s op bladsy 3.
Vrydag, 13 Februarie, was vir wildgeesdriftiges in teenstelling met die “populêre” bygeloof van “ongeluk” ‘n gelukkige dag toe die jaarlikse en nou reeds bekende wildveiling van mnr Piet du Toit van Lindleyspoort plaasgevind het. Belangstellendes het oudergewoonte van regoor die land na die veiling opgeruk en meer as 2 000 bieërs het vir die veiling van die jaar opgedaag. Groot bekendes soos Cyril Ramaphosa was in die verlede ook onder die gaste - vanjaar het bieërs onder meer met rugbylegende Victor Matfield skouers geskuur. Etlike miljoene se wild het onder die hamer gekom.

Gallery
Spogwild onder die hamer
...
AgriEco
Voting Poll
N