North West
Waterfall Wholesale Nursery
14:06 (GMT+2), Fri , 10 July 2015
North West
 Riana Nieuwoudt (baie mene sal dalk nie naam herken?) is ‘n vrou wat nie gaan lê nie en nadat haar man, Chris, in November 2005 noodlottig in ‘n rooftog gewond is en haar dogter die daaropvolgende jaar (Julie 2006) in ‘n motorongeluk oorlede is, het sy begin tuinmaak. Aanvanklik sommer so as ‘n vorm van tuisterapie. Vandag kan amper niemand glo dat so ‘n spogtuig en groothandelkwekery uit Riana se smart gebore is en so die weg na haar “heel word” gebaan het nie.

Met haar vingers in die grond en haar hard in geloof het Riana haar lus vir die lewe stukkie-vir-stukkie saam met die plante wat nuwe lewe gee, teruggevind. Sy het onder meer ‘n gedenktuin by Bergsig Akademie ter nagedagtenis aan haar dogter geskep – Monique Nieuwoudt was in 2005 hoofdogter by Bergsig Akademie.

Daarna het Riana by van die onderwyspersoneel se huise begin tuine uitlê en nagenoeg ses jaar gelede haar eie kwekery oorkant Square Spar se hoofingang geopen. Sy het besef dat plante duur is om aan te koop en het self begin om plante groothandel te kweek. Deur haar plante het sy haar lewensvreugde teruggevind en sy kan persoonlik getuig dat plante inderdaad “heel maak”.

Rina se pryse sal nie maklik geklop word nie – boonop lewer sy nog af ook. “Deur my plante wil ek vir mense hoop bring, nuwe lewe en vertroosting bring. “Ek weet dat plante ongelooflike terapeutiese eienskappe het en dat daar ‘n omdraai kan wees – ‘n geleentheid vir herstel en nog ‘n kans om ‘n nuwe mens te word”. Skakel Riana gerus by 082 550 8490 of kom besoek haar by 59 Von Wiellighstraat Rustenburg. Riana Nieuwoudt” 082 550 8490

Email: mmcnieuwoudt@webmail.co.za

Gallery
AgriEco
Voting Poll
N