Northern Cape
PANNAR Rugbyweek vir Suid-Afrikaanse Landboukolleges
14:13 (GMT+2), Thu , 03 September 2015
Northern Cape
Die SA Landboukollegesspan vir die wedstryd teen die Potchefstroom Tigers. (Foto: Peet van der Walt/Pannar)
Sewe van Suid-Afrika se landboukolleges asook ? genooide PANNAR XV met ? totaal van agt spanne, het vir die IPJ du Plessis trofee meegeding in die jaarlikse PANNAR Rugbyweek in Julie by Taung Landboukollege in Noordwes.

Dit was ook die 29ste keer wat die Rugbyweek deur PANNAR sedert 1987, geborg word. Die spanne van Cedara Landboukollege, Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding: Elsenburg, Fort Cox Kollege van Landbou en Bosbou, Grootfontein Landboukollege, Taung Landboukollege, Glen Landboukollege het aan die weeklange toernooi deelgeneem.

Elsenburg weer Pannarweek se kampioen

Die Elsenburg-landbouopleidingsinstituut naby Stellenbosch het in Julie op Taung die soveelste keer die Pannarweek vir landboukolleges gewen.

Die Wes-Kaaplanders het die Grootfontein-landboukollege, naby die Oos-Kaaplandse Middelburg, 48-6 geklop om seker van die IPJ du Plessistrofee te maak.

In die Plaatafdeling het Cedara-landboukollege op die KwaZulu-Natalse Middelland vir die Potchefstroomse Landboukollege, in rugbykringe as TransAgric bekend, 17-10 geklop om die Piet de Jagertrofee in te palm.

Wat die ander twee wedstryde op die laaste dag betref, het die Fort Cox-landbou en -bosboukollege in die omgewing van Kingwilliamstown 14-10 teen die Pannar-vyftiental gewen, en die Landboukollege Glen naby Bloemfontein het die gasheer, Taung-landboukollege, 28-13 geklop.

Volgens Willie van Zijl, wat 15 jaar lank die voorsitter van Elsenburg en die afgelope 30 jaar die spanbestuurder van die span was, het Elsenburg met `? stewige voorhoede, die span in staat gestel om die eerstefasebalbesit te verkry wat vir hulle in die aanval posisie plaas. Aan die ander kant het Elsenburg met goeie verdediging die ander spanne, veral in die laaste wedstryd teen Grootfontein, laat sukkel om momentum vorentoe op te bou.

“Hoewel die span in sy geheel uitgeblink het, kan Attie van Rensburg (flank en kaptein) en Mikko de Wet (flank en alsydige speler) uitgesonder word vir hul uitmuntende vertonings tydens die week.

Cedara wen Plaatfinaal

Rod Collett, die klub se voorsitter, het nadat Cedara die Piet de Jagertrofee as Plaatwenner op vanjaar se toernooi ontvang het gesê `? hegte spangees en `? waterdigte wedstrydplan het die grondslag gelê vir die span se sukses in die verband.

“Die sterk spangees moedig die spelers aan om vir mekaar te speel. Dit was `? wonderlike klompie manne wat die toer meegemaak het en hulle het baie goed klaargekom. Dit was iets besonders om hul verbintenis om goed te vaar sonder om pret in te boet te aanskou en dit was ? wonderlike span om te bestuur.

Trofeewenners

Grant en Lu Kobustrofee vir die invloedrykste speler: Attie van Rensburg (Elsenburg)
Willie van Zijltrofee vir die twee spanne wat die beste wedstryd gespeel het: Elsenburg & Grootfontein
Boland Bank vir die span wat die meeste drieë in die Plaatafdeling gedruk het: Cedara
Louis Luyttrofee vir die span wat die meeste drieë in die Bekerafdeling gedruk het – Elsenburg
Joe Ventertrofee vir die beste voorspeler: Attie van Rensburg (Elsenburg)
Pannartrofee vir die beste agterspeler: Johan van Zyl (Elsenburg)
Du Ponttrofee vir die meeste punte tydens die toernooi: Siphesihle Mbatha (Cedara).

SA Landboukollegesspan

Na afloop van die toernooi is `? SA Landboukollegesspan is gekies om Maandag 5 Julie op Potchefstroom teen `? ontwikkelingspan, die Potchefstroom Tigers asook spelers van die Weermag te speel. Die spanbestuurder, Floris Klink van Taung, sê die span het besonder goed saamgespeel om die gekombineerde span 64-10 met lekker hardlooprugby te klop.
Hulle het die lynstane en losspel heeltemal oordonder.

Die grootste uitblinkers was RP de Beer (slot), Attie van Rensburg (agsteman), Mikko de Wet (flank) en die agterspeler Siphesihle Mbatha.

Die SALK-span

15. Charlie Lokana (Grootfontein), 14. Johan van Zyl, 13. Sterling Naudé, (albei Elsenburg) 12. Louis Lamont, 11. TP Swanepoel, 10. Francois Naudé, 9. Martin Koorts (onderkaptein) (almal Grootfontein), 8. Attie van Rensburg, (Elsenburg), 7 Armand Lotz (kaptein, Grootfontein), 6. Mikko de Wet, 5. RP de Beer, 4. Corné Oosthuizen, 3. Eduard Snyman (almal Elsenburg), 2. Marius Paulsen, 1. Jan Hoon (albei Grootfontein). Bank: 16. Liam Wessels, 17. Wynand Cillie (albei Elsenburg), 18. Nhlakanipho Sibiya (Cedara), 19. E Bronn (Potchefstroom), 20. Riaan Sutherland (Elsenburg), 21. Sinolo Bushwana (Fort Cox), 22. Hercules du Plessis (Elsenburg), 23. Siphesihle Mbatha (Cedara).

Gallery
PANNAR Rugbyweek vir Suid-Afrikaanse Landboukolleges
...
AgriEco
Voting Poll
N