North West
Fertasa vereer top bemestingstudente
12:24 (GMT+2), Tue , 08 September 2015
North West
Op die foto van links Frans Joubert, kursusleier van BASOS-opleiding, Stephanie Roberts van Omnia met haar sertifikaat – sy het 87% behaal – en Adam Mostert, HUB van Fertasa.
Fertasa het op sy jaarsimposium te Pretoria sertifikate toegeken aan die drie topstudente wat in 2014 die Bemestings Adviseur Sertifisering & Opleiding Skema (BASOS) kursus voltooi het. 

Hulle is: Dirk Coetzee, Pannar (cum laude-student); Jacques Smith, departement van landbou Wes-Kaap; en Stephanie Roberts, Omnia.

Die kursus word sedert 1999 jaarliks deur Fertasa deur middel van afstandonderrig aangebied. Sedertdien is 878 sertifikate uitgereik. Die doel van die kursus is om die vaardighede van bemestingadviseurs te bevorder. Kandidate kom uit die privaatsektor, regeringsinstansies, agri-besighede en koöperasies in Suider-Afrika.

Die kursus was voorheen onder die vaandel van die Misstofvereniging van Suid-Afrika (MVSA) in samewerking met die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) aangebied. Tans word dit deur Fertasa en BASOS aangebied. Volgens mnr Adam Mostert, HUB, Fertasa, sal die kursusinhoud vanaf volgende jaar (2016) by die nuwe bemestinghandleiding aangepas word.

Daar word ook oorweeg om gebruik te maak van die elektroniese media (internet) om die kursus meer interaktief te maak. Vir nadere besonderhede oor BASOS-opleiding, kontak frans@basos.co.za

Gallery
AgriEco
Voting Poll
N