Southern Cape & Karoo
Jaarlikse landbouskou op Prins Albert
14:28 (GMT+2), Wed , 07 October 2015
Southern Cape & Karoo
Prins Albert
Volgende naweek is weer skoutyd in die gewilde Prins Albert. Die jaarlikse landbouskou word volgende Vrydag en Saterdag (16 en 17 Oktober) aangebied. 

Die skouterrein is reeds Vrydagmiddag oop met 'n jolige dans en ete wat Vrydagaand plaasvind. 
 
Die organiseerders belowe 'n vol program met genoeg eetgoed by stalletjies en etes uit die gewilde skoukombuis. 
'n Groot aantrekkingskrag by vanjaar se skou is 'n vertoning deur die kampioen berede boogskutter, Daniël Griffin, wat sewende op die ranglys is van hierdie gespesialiseerde sportsoort.
 
Vir die landbouers is daar ook 'n hele aantal aktiwiteite om na uit te sien. Vrydag kan boere vriendelik met hulle prag-vee teen mekaar meeding en Saterdag word uitgesoekte slaglammers opgeveil. Daar word ook brood in 'n buiteoond gebak, vetlap-op-die-kole gemaak, botter gekarring en ganse gepluk.
 
Vir diegene wat net na vermaak soek is daar stalletjies om te besigtig, 'n kulkunstenaar, mooimaaksessies, gelukstrekkings, motoruitstalling en selfs 'n dansdemonstrasie. Met toegangsgeld van slegs R20 per volwassene, R10 per kind en R10 per motor is vanjaar se skou uiters bekostigbaar vir gesinne.
 
Vir meer inligting kan enige van die volgende persone geskakel word:
Madri Rossouw - 083 383 2591, Cobus Bothma - 072 142 9088, Leatitia Mulder - 083 310 2984, Catherine Liepner - 072 579 8211 (inskrywings vir ‘fancy dress’) en Yvonne Freysen - 076 917 9403 (inskrywings vir Mnr. en Mej. Skou).


Gallery
AgriEco
Voting Poll
N