Limpopo
Herstel balans met natuurlikewitluis beheer
09:30 (GMT+2), Thu , 07 March 2013
Limpopo
Sitrusboere is wel bekend met witluis en sy skadelike nagevolge: misvormde vrugte, roetskimmel en rooi stippels op pomelo's.
Daar is wel 'n eenvoudige, natuurlike manier om die balans te herstel in 'n sitrusboord deur die witluis se natuurlik vyand, die harde werk vir jou te laat doen.
Per-mX™ parasitoide is deel van die Encyrtidae familie, en is uiters effektiewe klein wespe wat witluis nimfe parasiteer (en mutileer) en sodoende op 'n natuurlike manier witluisskade voorkom. Per-mX™ wespe val slegs witluis aan, en het geen effek op ander voordelige insekte nie.
Per-mX™ laat geen chemiese residu, en dis vinnig en maklik om te versprei in boorde. Hierdie ywerige wespe kan ook witluise bereik in beskutte areas, soos onder die bas of kelkblare van vrugte, waar spuitmiddels nie kan bykom nie. Per-mX™ word verpak in eenvoudige karton boksies, wat direk in die boord geplaas word. Die Per-mX™ wespe broei na ongeveer drie dae uit, en verlaat die houertjie om kos (witluise) te soek.
Om meer uit te vind oor Per-mX™, en om bestellings te plaas, kontak vir Stephan Honiball by Vital Bugs by 087 751 0279 of e-pos info@vitalbugs.co.za. Meer inligting is ook by www.vitalbugs.co.za beskikbaar.


Gallery
AgriEco
Voting Poll
N