Lowveld
Hou jou enjin aan die gang
11:46 (GMT+2), Fri , 16 October 2015
Lowveld
 Hier in Suid-Afrika is brandstofsoorte en -mengsels nie altyd van die skoonste of van die beste gehalte nie. Vuil brandstof beskadig nie net voertuie se enjins nie, maar ook dié van vragmotors, trekkers, kragopwekkers, pompe ensomeer.

Om skade te voorkom, is dit belangrik en goedkoper as om duur enjins en komponente te vervang. Onbeplande hersteltyd het ook ‘n geweldige invloed op produksie veral gedurende inset- en oestye wanneer voertuie en enjins onverpoos in gebruik moet wees. Racor-brandstoffilters is ‘n topreeksproduk en verwyder en skei water, vuilheid, roes and alge van brandstof.

Baie vervaardigers soos Mercedes, Volvo, Nissan en Scannia gebruik die Racor-brandstoffilters as hul standaard Afrika-filters.
Die maatskappy het ‘n Racor-filtersisteem vir ‘n wye verskeidenheid aanwendings, van ligte afleweringsvoertuie tot massabrandstoftenks. Die tregters is ook baie gewild en werk uitstekend wanneer jy op afgeleë plekke of uit brandstofhouers moet volmaak. Die Racor-tregter verwyder alle los water en onsuiwerhede van brandstof voordat dit die tenk bereik. Beskikbaar is vier verskillende groottes en vloei, geskik vir alle aanwendings.

Hulle is vir diesel, petrol, paraffien, Avgas en JetA1. Die besigheid is in Mbombela geleë, en doen ook versendings op ‘n daaglikse basis landswyd, en ook in Afrika. Van die maatskappy se gelukkige kliënte strek so ver as Saoedi-Arabië, Kenia, Tanzanië, Mozambiek, Swaziland onder andere. Die adres is Waterfall-laan 28, Riverside Industriële Park, Mbombela, Mpumalanga. Besoek gerus die webtuiste, www.turboformance.co.za of die Facebook-blad Turboformance vir meer inligting.

Stuur ‘n e-pos na info@turboformance.co.za of skakel 013-753-2885.


Gallery
AgriEco
Voting Poll
N