Northern KZN
16 Desember 1838 - ‘n volle 178 jaar gelede
15:46 (GMT+2), Tue , 16 February 2016
Northern KZN

Sondag, 16 Desember 1838 - ‘n volle 178 jaar gelede - het ‘n groepie mense in hulle walaers byeengekom op ‘n plek net buite die huidige dorpie Winterton, aan die oewers van die Klein-Tugela.
‘n Sameloop van omstandighede het hulle tot hier gebring waar hulle gedwing was om ‘n reaksie op die aanvalle van Dingane se krygers voor te berei as hulle wou oorleef. Die sakeman van Graaf-Reinet, Andries Pretorius, het hierdie verslae en wanhopige mense onder sy hand geneem, en ‘n uitsoekgroep van hulle onder militêre dissipline geplaas.
Die kommando wat teen die einde van Desember 1838 begin trek het na die rigting van die Nquthu-heuwels, het waarskynlik die Gelofte meer as een keer langs die pad gedoen. Hulle was  vergesel van ‘n aantal Engelse setlaars, en het op 15 Desember 1838 op die kinkel in die Ncome-rivier afgekom waar die groot donga en die rivier mekaar ontmoet.
Sondag, 16 Desember 1838, het een van die mees epiese konfrontasies in die geskiedenis van Suid-Afrika opgelewer. ‘n Handjievol Trekkers moes ‘n stelling maak teen die Zoeloekoning as hulle wou oorleef. Hulle het so gedaan in heldhaftige styl, en sedertdien vier die afstammelinge van daardie Trekkers 16 Desember as ‘n herbevestigig van die Gelofte elk jaar.
Hierdie jaar was geen verskil nie. Abrie Killian, lid van die feeskomitee en nuwe voorsitter, het die rede in die laer gelewer, en die perdekommando het soos gewoonlik weer die voorstelling van die historiese ou vlae gedoen. Kranse is gelê ter nagedagtenis aan die perde wat in die ou veldslae omgekom het, Louise Currie het ‘n krans namens die vroue, en die jong Moolmanbroers, Ruan en Adriaan, het onder die leiding van hul vader die kranse vir die gestorwe kinders op die ou 1866-gedenkstapel kom plaas.
Die dag het vreedsaam verloop, en geen voorvalle is aangemeld nie.



Gallery
AgriEco
Voting Poll
What do farmers do with the manure that cattle produce?
Let the pigs roll in it.
Use it on the fields as fertiliser.
Throw it away.
Sell it.
N