Northern Cape
Vind sielerus by Rametsi
14:28 (GMT+2), Wed , 02 March 2016
Northern Cape
Vind sielerus by Rametsi

LINDLEYSPOORT - Voel jy ook soms lus om die besige stadslewe te ontvlug en te gaan ontspan waar jy nie inderwaarheid deur selfs nog ‘n groter toestroming van mense as by rumoerige inkoopsentrums verswelg word nie. Ja, wildsplase en natuur-avonture is deesdae by die dag gewilder en ‘n mens moet jou bestemming noukeurig kies as jy inderdaad die rus en vrede van die natuur wil ervaar. 

Gerieflike akkommodasie

Rametsi Wild- en Gasteplaas (Rametsi Eco Game Farm) is ‘n hanetreetjie van Rustenburg in die pragtige Lindleyspoortvallei geleë en bied jou die vrede van die Bosveldnatuur op sy beste met al die gerief wat jy darem nie bereid is om op te offer nie, terwyl daar meer as genoeg vermaak en opwindende aktiwiteite is om die jongklomp besig te hou. Slegs 87 km van Rustenburg, 60km vanaf Sun City of 120 min se ry vanaf Johannesburg en jy’s by Rametsi. 

Hier kan jy gerieflike, dog “aardse” akkommodasie in pragtige chalets geniet terwyl jy vir ‘n wegbreeknaweek die hare laat hang en die voete laat rus. 

Rametsi se ryk natuurlewe en pragtige bosveldtonele beloof om die siel te verkwik en jou ‘n nuwe mens na jou bestemming te laat terugkeer. Enkele van die hoogtepunte by Rametsi sluit in die volgende: 

Wildbesigtiging

Opwindende vroeg-oggend en laatmiddag wildbesigtigingsritte met jou eie voertuig. Koedoes, sebra, rooibokke, kameelperde blouwildebeeste en kleiner wildspesies is volop. 

Staproetes

Uitstappies op en oor pragtige natuurroetes kan enige tyd in jou eie tyd en in veilige omstandighede onderneem word. Die Waterval-roete is ‘n groot gunsteling! 

Ryk voëllewe

Rametsi is ‘n ware paradys vir ‘n groot verskeidenheid voëlspesies. Die geroep van voëls sal jou opnuut laat besef hoekom die mens voortdurend hunker na die rus en vrede wat net die natuur kan bied. ‘n Groot verskeidenheid voëlspesies is by Rametsi gedokumenteer. Daar is tans heelwat opwinding oor ‘n Sekretarisvoël-broeipaar wat hulle by Rametsi tuisgemaak het. 

Ontspanningsaktiwiteite

Vir diegene wat ‘n meer aktiewe wegbreeknaweek verkies, is daar vlugbal, tafeltennis, veerpyltjies, ‘n pragtige swembad, hengel en uitdagende 4x4-roetes. Natuurlik is daar ook ‘n lekker bosveldkroeg, ‘n saal waarin groot funksies met gemak gehuisves kan word en ‘n ten volle-toegeruste restaurant en kombuis wat vyfster-etes kan voorsit. Daar is ook ‘n karavaanpark met meer as genoeg kampeerplekke. 

Besoek gerus Rametsi se webwerf - www.rametsi.co.za of kontak ons by office@rametsi.co.za of 071 2800 638 vir meer besonderhede en/of besprekings! 



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N