North West
Rusplek langs die pad
14:31 (GMT+2), Wed , 02 March 2016
North West
Casa Kairos bied gaste stylvolle, knus en bekostigbare akkommodasie.

Casa Kairos in Vryburg is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na stylvolle, knus en bekostigbare verblyf.

Of jy nou Vryburg besoek of onderweg is na Namibië of Botswana, Casa Kairos is die perfekte keuse vir verblyf. Hier streef eienaars Stephan en Amarynka daarna om jou verblyf so gemaklik en ontspanne moontlik te maak.
Verblyf word aangebied in ses gemaklike gastekamers, almal met en suite-badkamers, lugversorging, DStv-kanale en ‘n daaglikse skoonmaakdiens.

Tariewe sluit ‘n buffet-ontbyt in wat in die eetarea geniet kan word. Reëlings kan gemaak word vir middag- en aandete. Daar is veilige parkeerplek en braaigeriewe op die perseel beskikbaar.

Casa Kairos is geleë by die Kuruman-ingang/uitgang van die dorp.  Kom beleef plattelandse gasvryheid en hul vriendelike, persoonlike diens - by Casa Kairos is jy altyd baie welkom.

Casa Kairos bied ook:
ADSL-lyn
Kombuisgeriewe
Wasgoeddiens
Troeteldiere welkom; Tref net vooraf reëlings
Satelliet-TV
Gratis WiFi



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N