Lowveld
Regering se gunste wek kommer
13:06 (GMT+2), Wed , 01 June 2016
Lowveld
Rina Potgieter van VLU Mpumalanga en Robert Davel van Mpumalanga Landbou.

Boere in Mpumalanga is nie gelukkig met hoe die provinsiale departement van landbou sy geld bestee nie.
By die onlangse jaarkongres van Mpumalanga Landbou by die Bundu Lodge, tussen Mbombela en Witrivier, het landbouleiers te velde getrek teen die onlangse skenking van 60 trekkers aan stamhoofde in die provinsie. 
Verlede jaar is dieselfde tradisionele leiers met viertrekvoertuie en beeste, uit die landboubegroting, bederf. 
Op die Hoëveld is miljoene rande bestee aan die opgradering van twee van die Ndebele konings se krale.
Christo van Rheede, adjunkdirekteur van Agri SA het gesê dit dui daarop dat die provinsie nie erns het met ondersteuning van opkomende boere in die streek nie. 
Gideon Anderson, president van Mpumalanga Landbou het gesê die premier, David Mabuza, soek om politieke guns by die stamowerhede te werf, om op dié wyse stemme te werf onder die landelike bevolking. 
Dit is nie hoe daar kos in die midde van die bevolking gesit word nie, het hy gewaarsku. 
Toe lewer hy verder gekommentaar dat daai miljoene aangewend moet word om opkomende en bestaanboere te ondersteun. Meer moet ook gedoen word om kommersiele boere, wit en swart, te help om susksesvol en ekonomies kos te produseer, sê hy. 

 



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N