North West
Koringnavorsers werk nou saam om te verseker dat daar koringkultivars vir die toekoms is
11:40 (GMT+2), Mon , 06 June 2016
North West
Koring is die boustof van brood

Koring is nodig vir brood, en soos ons almal weet is brood om te eet sinoniem met geborgenheid.  As daar net brood is ….  is dikwels die versugting.   Indien ons in die toekoms die beskikbaarheid van bekostigbare brood wil verseker, moet koring as gewas nou bevorder en beskerm word.

Vraag na koring word al hoe meer

“Kundiges voorspel ‘n 60 % toename in die vraag na koring in ontwikelende lande teen 2050.”   Kom ons dink daaroor: Anders gestel, beteken dit dat vir elke 10 brode wat vandag in ontwikkelende lande gebruik word sal daar oor 35 jaar, 16 brode benodig sal word.  Tergelykertyd word daar voorspel dat klimaatsverandering ‘n 20-30% afname in produksie juis in hierdie gebiede kan veroorsaak.  Die nuutste opname toon dat die grootste hoeveelheid van die wêreld se koringproduksie gebruik word binne die land wat dit produseer en dat die meeste hiervan ook ontwikkelende lande is.   Hoewel hierdie koring nie in die wêreldhandel opgeneem sal word nie, is die verwagting dat koringpryse in reële terme as gevolg daarvan sal verander en dat die vraag-  en aanbodpatrone van koring dramaties in die toekoms gaan verandering om hierby aan te pas. 

Weens die toename in die wêreldbevolking en die gevolglike uitbreiding van stedelike gebiede, word dit ook voorsien dat toekomstige produksie op ‘n heelwat kleiner area sal moet plaasvind as wat tans die geval is. Die beskikbare oppervlakte kan nog verder verminder word indien dit nodig word om gebiede beskikbaar te stel vir rehabilitasie en die bewaring van biodiversiteit in die stryd teen klimaatverandering.

Wat beteken al hierdie voorspellings vir ons, hier in Suid-Afrika?

Koring is belangrik.  Dis ‘n gewas wat oor eeue heen sinoniem is met geborgenheid.  As daar net brood is …. is dikwels die versugting.  Indien ons in die toekoms die beskikbaarheid van bekostigbare brood wil verseker, moet koring as gewas nou bevorder en beskerm word.  Die deurslaggewende faktor vir die voortgesette produksie van koring in Suid Afrika sal winsgewendheid wees.  Opbrengs, geskikte kwaliteit en eienskappe wat insetkostes bespaar en die gewas instaat stel om stremmings beter te hanteer, is noodsaaklike kenmerke vir toekomstige koringcultivars.  Met cultivars wat by die unieke Suid-Afrikaanse produksie omstandigehede aangepas is, sal ons boere kan werk.

Die huidige inkrimping van die koringbedryf in Suid-Afrika bied die geleentheid vir ons as navorsers om te vra of koringnavorsing tans op die regte onderwerpe fokus.  Word daar optimaal gebruik gemaak van beskikbare befondsing en kundigheid om koringverbouing te bevorder?

Waarnemings oor die veranderde benadering tot koringteling

Dit is alom bekend dat die ontwikkeling van ‘n nuwe cultivar (‘n besondere duur en ingewikkelde proses) tussen 8 en 15 jaar kan duur.  Telers moet na ‘n lang lys eienskappe kyk en dié plant uitsoek wat almal, of dan meeste daarvan, bevat.  Dit maak dus sin om vir spesifieke eienskappe kundiges te gebruik om die beste plante uit te soek en in aangepase Suid Afrikaanse koring agtergronde in te bou.  Hierdie aksie word “voorteling”, of in engels “pre-breeding” genoem.  Dit word veral vir eienskappe soos gasheerplantweerstand teen siektes en insekplae gebruik, maar kan ook met groot sukses vir kwaliteit en opbrengs verbetering ingespan word.   Sodoende kan telers reeds verbeterde lyne gebruik die verlangde eienskappe in hulle programme in te dra sonder om die nadelige eienskappe wat die skenkerlyne dikwels bevat, ook in te bring.   Hierdie benadering word al meer in Suid-Afrikaanse koring navorsing gevolg. Weerstand teen die Russiesekoringluis (RKL) is ‘n baie goeie voorbeeld daarvan.

Russiese koringluis (RKL)

Daar is tans vier biotipes van hierdie luis wat in die koringproduksiegebiede van Suid- Afrika voorkom.  Hulle verskil in hulle vermoë om RKL weerstandscultivars te beskadig, maar kan nie visueel onderskei word nie.  Die voedingsimptoom wat hulle op ‘n spesifieke stel weerstandbiedendekoringlyne veroorsaak, word gebruik om hulle te klassifiseer.   Die ontstaan van dié sogenaamde weerstandoorbruggende biotipes het tot gevolg gehad dat cultivars wat eens weerstandbiedend teen die RKL was, nou nie meer so effektief werk nie.  Nuwe cultivars moet dus geteel word.

‘n Groot verskeidenheid weerstand is beskikbaar

LNR-Kleingraaninstituut bewaar meer as 250 koringlyne met weerstand teen RKL in ‘n kiemplasma versameling op Bethlehem. Die oorgroote meerderheid van hulle besit weinig goeie eienskappe behalwe die RKL weerstand.  Meeste van hulle is landrasse wat dekades terug  deur ywerige botaniste in verafgeleë gebiede in die lande waar koring sy oorsprong het versamel is.   Hierdie lyne is van 1990 sorgvuldig bymekaargemaak en  vir weerstand teen Suid-Afrikaanse RKL ge-evalueer.

Die mees geskikte donorlyne word gebruik in kruisings om die weerstand vanuit die onaangepasde lyne na goeie Suid Afrikaanse agtergronde oor te dra.   Die cultivarouer word sorgvuldig gekies om spesifieke eienskappe in die nageslag te bekom.

‘n Terugkruisingsprogram word gevolg waar die weerstandsbron slegs een keer met die aangepasde lyne gekruis word.  Daarna word die nageslag herhaaldelik na die aangepasde lyn teruggekruis om sodoende die goeie eienskape van die ouer te herwin. Wanneer ‘n nuwe biotipe aangeteken word, word al die kruisings teen die nuwe biotipe ge-evalueer alvorens die versameling weerstandslyne getoets word.   Soms is die kruising weerstandbiedend, soms nie en dan moet die hele proses van vooraf herhaal word.  Die terugkruisingsproses word elke keer wanneer ‘n nuwe geskikte weerstandsbron geidentifiseer word, met ‘n uitgesoekte, herhalend cultivar ouer gedoen.  Die onderstaande grafiek wys hoe die cultivarouer se bydrae met elke terugkruising toeneem.

Jaarlikse vrystelling van voortelerslyne

Die nuutste kiemplasmavrystelling is ‘n stel van 10 lyne met RKL weerstand uit ‘n landras met die identiteitsnommer PI 225227. Die landras, wat in wese ‘n “boere-seleksie” is, is van Iran afkomstig en is reeds op 28 April 1955 in die Amerikaanse kiemplasma versameling opgeneem.  Dit is vir dekades daar bewaar en in die laat negentigerjare na Suid-Afrika ingevoer.  Dit bevat weerstand teen drie van die vier RKL biotipes wat hier voorkom naamlik: RWASA1, RWASA2 en RWASA3.    Hierdie lyn is met ‘Kariega’ as aangepasde Suid-Afrikaanse koring gekruis en ‘n stel van 10 baie belowende teeltlyne is ontwikkel wat nou tot die beskiking van al die Suid Afrikaanse koringtelers gestel is.  Hierdie lyne bevat nie net RKL weerstand nie, maar ook weerstand teen stamroes, blaarroes en geelroes.  Die maal en bakkwaliteit is ook baie beter as dié van die landras.  Opbrengste van die lyne is baie kompeterend en lewer waardes van 8.971 tot 16.174 ton per hektaar onder besproeïingstoestande.  Die unieke kombinasie van RKL en roes weerstand, in kombinasie met goeie kwaliteiet en opbrengs maak hierdie lyne besonderse goeie weerstandskenkers vir koringteeltprogramme omdat daar geen nadelige eienskappe met die gebruik van hierdie lyne geassosieer is nie.  Die ontwikkeling van hierdie lyne deur een kundige, voorkom duplikasie in verskillende teeltprogramme.  Op hierdie manier word kundigheid en kostes gedeel tot voordeel van die hele koring bedryf.

Dr Vicki Tolmay is verbonde aan die LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem.

Vir meer inligting skakel gerus met Vicki by (058) 307-3433, of TolmayV@arc.agric.za.  Hierdie werk is moontlik gemaak met die finansiële ondersteuning van die Wintergraantrust en die Landbounavorsingsraad.

Gallery
Koringnavorsers werk nou saam om te verseker dat daar koringkultivars vir die toekoms is
...
AgriEco
Voting Poll
N