Lowveld
'n Terugblik op landbou in die Onderberg
13:32 (GMT+2), Wed , 06 July 2016
Lowveld
In die vroee jare sestig is daar ernstig begin met eksperimentele projekte rondom die verboyuing van suikerriet in die Laeveld. Hierdie foto van van 'so 'n aanplanting het in 1064 in Die Laevelder verskyn. Hier is bevind dat die 'n 18 maande ou aanplanting reeds 140 ton riet per outydse morg kon oplewer.

Jan Lourens, pionierboer van die Onderberg, se eie vertelling van sy loopbaan in landbousake en veral die suikerbedryf lees soos ‘n vervolgverhaal. Dit is een van die mees boeiende en onderhoudende vertellings oor die ontwikkeling van die landbou in die Onderberg in Hans Bornman se onlangse boek: Mpumalanga Rietkwekers Vereniging - Die eerste vyftig jaar. Die boek bevat ondermeer ‘n reeks herinneringskrifte van boere wat hier ‘n vestigingsrol gespeel het.
Hierdie is die tweede in ‘n reeks van die vertelling in Jan Lourens se eie woorde. Die boek is beskikbaar my die Mpumalanga Rietkwekers Vereniging se kantoor in Malalane:
Sekere plase en onbewoonde gebiede in die Onderberg-gebied is destyds deur minister Conroy, in die Smuts-kabinet, ingevolge die 1936 Naturelle-trustwet, aan die trust toegeken. Die Komati Boerevereniging het hierteen beswaar aangeteken en die aangeleentheid persoonlik met generaal Smuts opgeneem, sonder enige resultate.
Na die 1948 verkiesing het WH (Tiny) Faurie, lid van die volksraad vir Barberton, die aangeleentheid met adv. Hans Strijdom, minister van lande in die Malalane-kabinet, opgeneem en die minister versoek dat die gronde weer aan blanke boere terug gegee word.
Adv. Strijdom het, op versoek van Faurie, die gebied besoek en besluit dat 'n besproeiingskema, soortgelyk aan die Vaalharts-besproeiingskema in die Noord-Kaap, daargestel moet word en die gronde in blokke verdeel en aan boere verhuur word.
As 'n tussentydse maatreël en totdat die besproeiingskema ingestel kon word, het hy besluit dat die gronde aan beesboere verhuur word ten einde die gebied intussen te ontwikkel. Die departement van lande het drie gebiede vir die skema uitgekies: Die Lebombovlakte, tussen die Lebomboberge en die Komatirivier; die Tenboschgebied, tussen die Krokodil- en Komatirivier; en die derde gebied aan die westekant van die Komatirivier, genoem die Strijdomblok, so genoem na adv. Hans Strijdom wat die skema geloods het. 
Die drie gebiede is in ongeveer 70 blokke verdeel. Meeste van die blokke was aan die oewers van die riviere geleë en elk ongeveer 1000 morg groot. Ongeveer 'n derde van die blokke was in die binneveld geleë en bekend as die sogenaamde droë plase, elk ongeveer 1500 morg groot.
Gedurende 1951 is die Lebomboblokke verhuur en gedurende 1953 die Tenboschblokke en in 1955 die Strijdomblok, nadat die swart inwoners na die Lebombovlakte, in die suide en aangrensend aan Swaziland, verskuif is.
Joe Bresky, Fred en Ernest Tecklenburg het toestemming gehad om in die trust beeste te koop, veral by vendusies. Joe het ook in Barberton slagterye gehad. Joe was vir Jimmy Tecklenburg en vir my baie goed gewees. Toe ons die plase Rooigras en Turfbult gekry het, het ons nie die geld gehad om beeste te koop wat ons nodig gehad het nie. Ons het met hom 'n reëling gehad. Hy koop op die vendusie 100 osse, ons maak hulle vet, stuur hulle mark toe en ons deel die profyt. Dit was teenstrydig met die Landraad. Toe ons in kwarantyn was het ons 'n sekere bedraggie by die staat kon leen en hulle het beeste kom brand as sekuriteit en as die inspekteur om kom dan wil hy al daardie beeste sien. As jy een verkoop het moet jy een bysit vir 'n ster totdat jy dit afbetaal het.
Toe ons die plase gekry het moes ons die families op die plase kennis gee om te trek. Ons was toegelaat om net drie families te behou. Ons het toe kennis gegee en hulle het na die Lebombovlaktes getrek. Sommige van hulle het vasgeskop en wou nie gaan nie. Naturellesake het hulle fisies kom oplaai en in die Lebombovlakte gaan aflaai. 
Om 'n bietjie geld te verdien was ek die korrespondent van die Argus-koerantgroep vir hierdie streek. Ek het ‘n berrig geskryf oor een van die indunas wat nie wou trek nie en toe onder dwang wegeneem is. Die stuk het in die koerant verskyn. Derig jaar later het daai einste berig teen ons getel die die eienaarskap van die grond in die grondeisehof betwis is. 
Die beloofde besproeiingskema is het voorang geniet, maar daar was ook ander skemas in Suid-Afrika wat eers voltooi moes word voordat aandag aan die Onderbergskema gegee kon word.
Die gronde is aan boere op 'n 90-dae wedersydse kennisgewing, verhuur. Ek en swaer Jimmy Tecklenburg doen aansoek en die plaas Turfbult word aan my toegeken en Jimmy kry die aangrensende plaas Rooigras. 'n Beperking is op aansoekers geplaas: Die applikant moes minder as £3000 besit en geen vergoeding sou vir verbeterings op die eiendom betaal word nie. Die blokke is vir 'n nominale bedrag van £50 per jaar verhuur.
Hierdie voorwaardes was verstaanbaar. Die departement wou geen permanente strukture en groot verbeterings toelaat nie. Dit kon die beplanning van die besproeiingskema bemoeilik. Die huurders moes self en op eie koste die gronde omhein en wonings oprig. Diegene wat die binneveld gehuur het, het self boorgate gesink en damme laat maak.
Die huurders het oor die algemeen min landboukundige kennis gehad. Sommige het byvoorbeeld gedink dat boontjies eers in beddings geplant word en daarna in die lande uitgeplant word.
Die besproeiingskema is egter uitgestel weens 'n tekort aan fondse. Die huurders het op eie koste die gronde begin ontbos en met groente begin boer. Die persoon wat die leiding op hierdie gebied begin neem het was Stoffel Scholtz. Hy het die moontlikhede van tamatieverbouing op Kaapmuiden gesien waar Johan Badenhorst, De Wet Wiid en Laurie Wiid toe reeds op groot skaal met tamaties geboer het. Stoffel Scholtz het aan die westekant van Krokodilbrug geboer op die plaas bekend as "Die Brug". Die departement het hierdie grond so hoog as landbou grond geag dat hierdie plaas slegs 500 morg groot was.
Met die 90-dae wedersydse kennisgewing het die boere dit egter moeilik gevind om enige verbeteringe aan te bring. Dit was baie riskant. Die departement het egter besluit dat nuttige verbeterings asook goedgekeurde verbeterings uitbetaal sou word sou die huur opgesê word. Hierdie toegewings het nie veel tot die lot van die huurders bygedra nie.. Vir die skoonmaak van grond sou byvoorbeeld net £5 per morg vergoed word en daar was beperkings op die oprigting van strukture. Die verbeterings sou nie deur handelsbanke aanvaar word nie omdat dit nie as sekuriteit aangebied kon word nie. Die banke het ook geen oortrekkingsfasiliteite aan hierdie huurders toegestaan nie. Alle winste moes dus met groot versigtigheid hanteer word. Om hierdie rede is die ontwikkeling van die gebied met bykans 10 jaar vertraag.
Die besproeiingskema is van tyd tot tyd uitgestel en die huurders het nou begin om vir langer huurtermyne te vra en selfs aansoek vir grondbesit begin doen. Die 90 dae wedersydse kennisgewing was te kort om enige langtermyn beplanning te doen. Die Lebombo Boerevereniging, wat uit ongeveer 80% huurders bestaan het, het die kwessie van die huurtermyne op bykans elke agenda vir bespreking gehad. Die huurders het 'n beter bedeling verlang met uiteindelike grondbesit.
 



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N