North West
Invoerregulasies sloer
10:26 (GMT+2), Fri , 08 July 2016
North West

“Die implementering van invoerregulasies vir lewendehawe vanaf die buurlande het nou noodsaaklik geword,” sê dr Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheids-forum. “Die implementering sloer nou al te lank en vir almal se onthalwe moet dit nou gefinaliseer word”.

Ingevolge die huidige invoermaatreëls word Suid-Afrika se nasionale dieregesondheidstatus nie goed genoeg beskerm nie. Die land is blootgestel aan beheerde siektes en zoönosis (siektes wat van diere na mense oorgedra kan word). Die huidige regulasies is uit pas uit met Suid-Afrikaanse wetgewing, die riglyne van die internasionale organsisasie vir dieregesondheid, die OIE, en die sogenaamde “terrestrial codes”. Die beheerde siektes wat tans in die permit aangedui word, is dieselfde as wat op die OIE se webbladsy verskyn en dieselfde siektes word byvoorbeeld gelys in Namibië se invoerpermit. 

Die versoek dat die invoerregulasies ingestel word, was ‘n eenparige besluit wat tydens die Nasionale Dieregesondheidsforum se laaste vergadering geneem is. Die versoek is ook eenparig ondersteun tydens Agri SA se onlangse bedryfskonferensie. Die konsultasieproses oor invoerregulasies vir lewendehawe vanaf die buurlande het reeds in Desember 2013 begin. Dr Vervoort  het die departement van landbou, bosbou en visserye geluk gewens met die deursigtige wyse waarop dit gedoen is, maar implementering het nou krities noodsaaklik geword weens die feit dat die nasionale dieregesondheidstatus van die land bereig word.  



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N