Northern Cape
Registrasie nou oop vir wingerdopleiding
10:44 (GMT+2), Fri , 08 July 2016
Northern Cape
Registrasie nou oop vir wingerdopleiding

Registrasie is nou oop vir VinPro se opleidingsreeks vir wingerdwerkers, met die wingerdvestigingkursus wat reeds in Mei afskop het. VinPro bring wingerdwerker-opleiding na die wynprodusent se voorstoep in die vorm van ’n omvattende reeks kursusse in die onderskeie streke, in lyn met die vordering van die wyndruifseisoen.

Elke kursus word as ‘n aparte daglange opleidingsessie aangebied. Die reeks bestaan uit ses kursusse, waarvan die volgende vier nog geneem kan word:

• Besproeiing: 2 – 11 Augustus 2016
• Siekte- en Plaagbeheer: 1 – 20 September 2016
• Stokontwikkeling: 4 – 11 Oktober 2016
• Lowerbestuur: 12 – 25 Oktober 2016.

Die reeks word in die Olifantsrivier-, Robertson-, Worcester/Breedekloof-, Paarl-, Stellenbosch- en Swartland-streke aangebied. 

Besoek www.vinpro.co.za vir die datums van die onderskeie kursusse in elke streek. Die koste vir elke eendagsessie is R250 per persoon (BTW ingesluit). Dit sluit teorie en prakties, middagete, ‘n evaluasie en bywoningsertifikaat in. NQF-vlak 1-akkreditasie is op versoek beskikbaar. Die opleidingskursusse word moontlik gemaak deur ‘n finansiële bydrae van die VinPro Stigting.



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N