Northern Cape
Marico Wildveilings gaan van krag tot krag
10:54 (GMT+2), Fri , 08 July 2016
Northern Cape
Die vriendelike personeel van Marico Bushveld Gametraders is voor Cornea Frauendorf, Danette van der Heever, Donna Saayman en Andelie Botha. Agter staan Hannes Joubert, Callie van der Merwe (afslaer), Piet Bean, Hennie Enslin en Boet Groenewalt.

AGRI ECHO – GROOT MARICO – Met die ontstaan van Marico Bushveld Gametraders in September 2014 het die Marico Bosveld nooit kon dink dat daar so ‘n groot vraag en aanbod sou wees vir top genetika wild nie.
Te danke aan drie manne met baie jare se bemarkingsondervinding in die beesbedryf gaan die maatskappy van krag tot krag te minde van die heersende droogte en uiters moeilike ekonomiese omstandighede  waarin ons ons huidiglik bevind. Die drie manne aan die stuur van sake is Hannes Joubert, Callie van der Merwe (afslaer) en Hennie Enslin.

Goeie, gemiddelde pryse word telkens behaal op teel- sowel as trofeediere en ses veilings per jaar word aangebied op Marico. Diere word deur ‘n professionele wildvangspan, Gareth Webbstock Game Capture gevang en dan in die Bomas met 68 hokke versorg en hanteer deur Piet Bean en dokter Nico Benade (veearts). Daar word ook eksotiese wild per katalogus aangebied.

Op 25 Junie is nog ‘n suksesvolle wildveiling by die veilingskompleks van die Hervormde kerk Groot Marico gehou waar ‘n groot verskeidenheid  trofee- en teeldiere te koop aangebied is. Van die wildsoorte wat onder die hamer gekom het was Blouwildebeeste, Koedoes, Bosveld Gemsbokke , Sebras en vele ander. 

Die weer het mooi saamgespeel en besoekers aan die veiling kon hul verlustig aan watertand eetgoed wat deur die dames van die Hervormde Kerk te koop aangebied is. Die dag is gekenmerk deur  warm boeregasvryheid  en ‘n verskeidenheid stalletjies  het dames en ander besoekers aan die veiling se belangstelling geprikkel. ‘n Springkasteel vir kinders het vir ure se pret gesorg. Enige navrae in verband met die huur van ‘n stalletjie op die dag van die wildveilings kan met Danette by 0823280980 skakel.

 Marico Bushveld Gametraders se volgende veilings  sal op 6 Augustus en 3 September op Marico  by die  veilingskompleks van die Hervormde Kerk Groot Marico aangebied word en wildveilings brei eersdaags uit na Stella waar die eerste katalogus wildveiling in samewerking met die Stella Beesfees op Vrydag, 21 Oktober op Stella gehou sal word.

Vir enige navrae in verband met die veilings  kan u vir Callie van der Merwe (afslaer) by 0834401454 of Hennie Enslin by 0823232093 skakel.



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N