North West
Borg Naas Grové se boek oor Vratjievrugbliksembos...
11:00 (GMT+2), Fri , 08 July 2016
North West
Naas Grové - die Rustenburgse outeur van die boek “Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome wat hopelike binnekort deur Briza Publikasies gepubliseer word. Omgewingsbewustes en belangstellendes wat graag as borg by dié uiters verdienstelike projek betrokke wil raak, is genooi om met Briza Publikasies by www.briza.co.za in verbinding te tree.

Naas Grové - die Rustenburgse outeur van die boek “Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome wat hopelike binnekort deur Briza Publikasies gepubliseer word. Omgewingsbewustes en belangstellendes wat graag as borg by dié uiters verdienstelike projek betrokke wil raak, is genooi om met Briza Publikasies by www.briza.co.za in verbinding te tree. 

RUSTENBURG - ‘n Lewenslange ideaal van Rustenburg se boomkenner en -spesialis Naas, Grove - naamlik om Suid-Afrika se eerste amptelike boomgids vir die bome van die Magaliesberg in Afrikaans te publiseer, is vinnig besig om gestalte te kry en boonop baie gepas saam te val met die onlangse verklaring van die Magaliesberg Biosfeer tot ‘n Wêreld-erfenisterrein deur UNESCO. 

Met die verskyning van die boek wat hopelik binne die volgende paar maande ‘n werklikheid sal wees, sal nie minder nie as twaalf jaar se harde werk spreekwoordelik begin om soete vrugte af te werp en sal baie laat nagte en tientalle kilometres se “geswerf” in die klowe van die Magaliesberg uiteindelik alles die moeite werd wees. 

Naas het net so anderkant die twaalf jaar gelede aan die veldgids oor bome van die Magaliesberg begin werk en ons lesers sal onthou dat hy so digby die 52 artikels wat uiteindelik in die finale boek ingesluit is, in ‘n periode van net meer as ‘n jaar as ‘n weeklike reeks oor bome van die Magaliesberg in Rustenburg Herald aangebied het. Naas is deurlopend lof toegeswaai vir sy omvangryke kennis van bome en die natuur (en ander dinge) en die boeiende wyse waarop hy die reeks aangebied het. Maar nou is die projek voltooid en op die vooraand van ‘n groot mylpaal in letterlik boom- en bergkringe. Ook Vincent Carruthers - the outeur van nog ‘n gesaghebbende boek oor die Magaliesberg wat in die vroeë tagtigs verskyn het, is baie opgewonde oor ‘n nuwe stukkie erfenis wat die absoluut-unieke Magaliesberg as een van die mees besondere natuurstreke ter wêreld gaan afbaken. 

In die boek van sowat 450 bladsye, met nie minder nie as 350 foto’s propvol gesaghebbende navorsing en interessanthede oor die unieke bome van die ewe-unieke Magaliesberg, beskryf Naas meer as 170 boomspesies wat in die Magaliesberg voorkom, gee hy familie- en genusbeskrywings van boomspesies, verduidelik hy die oorsprong en verklaring van wetenskaplike boomname en vertel hy interessante stories oor bome, ekologiese inligting en allerlei praktiese wenke oor die aanwending van bome. Hy verduidelik ook baie interessante relevanthede soos die boek se naam - Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome 
wat nie net komies is nie maar ook insiggewend. 

Briza Publikasies beplan om binnekort met drukwerk van die boek te begin, maar benodig dringend borgskappe ten einde die boek teen ‘n bekostigbare prys aan die publiek te bied. Verskeie opsies met betrekking tot borgskappe is vir belangstellendes soos sake-ondernemings, individue en omgewingsbewustes beskikbaar. Op hul beurt sal borge ruim erkenning vir hul bydraes in dieselfde publikasie geniet.

Gaan gerus vandag nog na die webwerf www.briza.co.za vir meer besonderhede oor hoe u as voornemende borg betrokke kan raak. Briza Publikasies hoop om in Augustus vanjaar met die publisering van Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome te begin. Miskien kan u of u familie of maatskappy se naam saam met die besondere boomboek verewig word? 



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N