North West
Implementering van hersiende invoerregulasies
11:02 (GMT+2), Fri , 08 July 2016
North West
Implementering van hersiende invoerregulasies

Die implementering van die hersiende invoerregulasies vir beeste, skape en bokke van Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland is van toepassing vanaf 1 Julie 2016, volgens ‘n kennisgewing in  die Staatskoerant van 10 Junie 2016.

Om voortgesette handel te verseker, kan invoerders van beeste, skape en bokke vooraf aansoek doen vir permitte wat die aangepaste vereistes bevat. Die permitte sal egter eers van 1 Julie 2016 af geldig wees.
Geen besendings wat vergesel is deur ‘n Veterinêre Gesondheidsertifikaat wat die ou/huidige vereistes bevat sal ná die implementeringsdatum aanvaar word nie.

Enige permit wat na die implementeringsdatum nog geldig sal wees en wat nog nie voor die implementeringsdatum gebruik is nie, kan na die permitkantoor toe gestuur word. Dit sal op die onkoste van die departement met die nuwe hersiene invoervereistes vervang word.



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N