Northern Cape
Casa Valde - waar ‘n betekenisvolle lewe voortgaan...
11:10 (GMT+2), Fri , 08 July 2016
Northern Cape
Pragtige tuine, gehalte ontwerp en kwaliteit argitektuur by Casa Valde Aftreelandgoed.

RUSTENBURG - Casa Valde Aftreelandgoed is in 2010 in Rustenburg gevestig. Van die begin af is Casa Valde as ‘n “nuwe generasie” aftreelandgoed in Rustenburg beplan waar aftrede, ouderdom, gesondheid, en gesondheidsorg in ‘n gelukkige aftreegemeenskap met ‘n totaal nuwe benadering hanteer word. Casa Valde is bekend vir sy geloofwaardigheid, integriteit and kreatiwiteit asook diep gewortelde familiewaardes.

Die Casa Valde-landgoed is beplan as ‘n ontwikkeling in vier verskillende fases waarvan Fases 1 en 2 feitlik heeltemal voltooi en uitverkoop is. Casa Valde is beplan om te voldoen aan ‘n aansienlike vraag vir ‘n nismark-aftreelandgoed of “village” waarvoor die vraag toenemend groter word. 
Individualiteit gewaarborg

Elke eienaar by Casa Valde is en word toegerus met alles wat nodig is om sy individualiteit en unieke persoonlikheid en karakter te behou. Casa Valde is beslis nie die gemiddelde ouetehuis waar ‘n afgetrede of bejaarde persoon een van honderde ander sonder individualiteit, belangstellings of rigting is nie of waar ‘n mens maklik net nog ‘n nommer word nie. 

Geniet jou aftrede

Casa Valde is gemik op ‘n gladde oorgangsfase tussen dekades van toewyding om ‘n loopbaan te bou - tot ‘n genotvolle en betekenisvolle lewe na aftrede. Oor die afgelope vier jaar, het Casa Valde gegroei tot ‘n intieme gemeenskap met gemeenskaplike waardes en belangstellings sonder om individualiteit en persoonlike ruimte prys te gee. Die toesluit en vertrek-beginsel is van toepassing by Casa Valde en bied die gemoedsrus dat jou eiendom en besittings veilig is wanneer die langpad roep of wanneer jy dalk genooi word om die familie of kinders te besoek. Maar moenie ‘n fout maak nie - Casa Valde is ook uitstekend ingerig om jou eie familie en kinders/kleinkinders vir ‘n naweek of selfs ‘n kort vakansie te ontvang - jy sal jou ook nie oor die veiligheid van jou kleinkinders te bekommer terwyl die grootmense kuier nie. Casa Valde is geleë op die hoek van Vierdelaan Rustenburg en die Kroondalpad in Waterval-Oos en is strategies gerieflik naby Rustenburg se voorste inkoopsentra geleë. 

Uitstekende versorging

Casa Valde staan onder bestuur van ‘n toegewyde en bekwame bestuurspan wat verseker dat die landgoed maksimaal bestuur en onderhou word en ook toesien dat jou belegging met jou aftrede of jou oudag veilig is en in waarde toeneem.

Die Casa Valde-projek behels ‘n Aftreelandgoed, ‘n Aftree-”village” waar “assisted living” reeds tot ‘n mate nodig is en “Casa Care Services” waar bejaardes wat meer spesifieke en ‘n groter mate van versorging benodig, optimaal deur ‘n professionele span kundiges versorg word. Ons sal in ‘n volgende uitgawe meer oor die verskillende fases en afdelings by Casa Valde gesels - indien u meer besonderhede verlang, is u welkom om intussen met Basie Saayman by 083 950 5738 in verbinding te tree. Skakel sommer vandag nog vir gemoedsrus dat u toekoms by Casa Valde in veilige hande is... 

Casa Valde-gholfdag

Omdat Casa Valde Aftreelandgoed onder meer op verskeie maniere vir ‘n aktiewe en lewenskragtige gemeenskap en jonges van gees voorsiening maak, word ‘n Casa Valde-gholfdag op Vrydag, 15 Julie, 2016 by die Rustenburgse Gholfklub aangebied. Die formaat van die gholfdag is ‘n 4-bal American Scramble en ‘n “shotgun” start begin stiptelik om 09:00. Registrasie sal vanaf 08:00 by die Rustenburgse Gholfklub geneem word. 

Die koste beloop R1 000 per vierbal. Die prysuitdeling word vir 17:00 beplan by die Rustenburgse Gholfklub en die koste sluit alle “green fees”, halfpadmerk, prysuitdeling en gelukkige trekkings in. Vir besprekings en/of meer besonderhede skakel met Basie by 083 950 5738, Inezette by 083 308 3540 of Annelize by 082 553 4098.



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N