North West
Oom Hennie en Pieter sê: “ons verkoop tyd”
11:16 (GMT+2), Fri , 08 July 2016
North West
“Wat ons eintlik by Kiepersol Kwekery doen, is om tyd te verkoop”. Só sê Pieter Janse van Rensburg – vandag een van die mans aan’t stuur van sake by Kiepersol Kwekery so rapsie meer as 25 km vanaf Rustenburg op die ou Pretoriapad. Vir die afgelope bykans 40 jaar is die Janse van Rensburgs besig om nie net ‘n eerbare lewe te verdien nie, maar vir die nageslag ‘n ryke erfenis agter te laat. As elke mens net eenkeer in sy/haar lewe ‘n boom plant, sou ons sekerlik ‘n beter plek van die wêreld kon maak.

Van die vroegste tye af, oor miljoene eeue en honderdduisende jare heen, was bome altyd daar. So vroeg soos Adam en Eva in die Paradys was bome al die metgeselle van ons menslike geslag. Abraham, Isak en Jakob het bome geken, oor houtvure hul offers gebring... Noag het sy Ark uit hout gebou, Jesus Christus self, was ‘n skrynwerker en moes ironies genoeg vir ons aan ‘n houtkruis hang...

In die vroeë eeue van ons donker verlede het ons ons vure met hout gestook, ons potjies oor rooiwarm kole laat prut. Ons het werktuie en instrumente uit hout gesny, ons ossewaens onder reuse bome uitgespan. Vir ons seuns het ons boomhuise en skoppelmaaie in die takke van bome gebou, vir ons dogters pophuise en stootwaentjies... En selfs vandag nog, wanneer ons ons laaste asems uitblaas, word ieder en elk van ons na ‘n laaste afskeidsgroet in ‘n houtkis te ruste gelê...

Kan jy jou ‘n lewe sonder hout, sonder bome voorstel? Kan jy aan enigiets dink wat vir die mens en dier van die heel begin af soveel onmeetbare deug sou bring, soveel praktiese waarde of betekenis tot ons lewens gevoeg het? Is dit dan nie tragies nie, dat sommige mense vandag nog, na alles van begin tot nou, steeds nie die waarde van bome en hierdie amper “heilige wesens” se reg tot voortbestaan erken nie?

Dadelik moet ons dan seker bysê dat hierdie mense gelukkig in die minderheid is. Verreweg die meeste mense in die wêreld vandag, besef dat bome vir die mens en dier se voortbestaan van kardinale belang is en dat ‘n mens wat nie vir bome omgee nie, waarskynlik ook nie vir homself of die mensdom omgee nie.
Op die plaas “Kiepersol” van die bekende oom Hennie Janse van Rensburg in die Buffelspoort-omgewing waar hy sy vier seuns grootgemaak het en waar sy grootvader voor hom dieselfde gedoen het, word bome hoog aangeskryf - is daar as’t ware ‘n heldeverering vir bome...

Vandag in 2016, is een van die vier Janse van Rensburg-seuns van die vierde geslag Janse van Rensburgs besig om ‘n eerbare lewe uit bome te verdien, maar terselfdertyd te verseker dat die rol van bome nie onderskat, agterweë gelaat, of vergeet word nie en dat ons nageslagte vir minstens nog ‘n paar eeue die voortreflikheid en prag van ongetwyfeld een van die mens se heel beste “vriende” mag benut en geniet.

Oor die afgelope 38 jaar het “Kiepersol” ‘n boomvriendelike stuk grond geword en stelselmatig een van die grootste rolspelers in die Rustenburgse-, Noordwes- en seker tot ‘n mate ook Suid-Afrikaanse “boombedryf” geword nadat die plaas vir ‘n hele klompie jaar ‘n konvensionele landbouplaas was - “my grootvader Willem Cornelius (Janse) van Rensburg het hierdie plaas in 1838 “afgery” (te perd afgemeet)”, vertel Hennie terwyl Pieter en tant Frieda met die skinkbord koffie aangestap kom. (Natuurlik sit ons buite onder ‘n reuse ou essenhoutboom van hier by die 100 jaar indien nie ouer nie).

Van die oorpronklike 70 hektaar wat aanvanklik vir die verbouiing van koring, sitrus en sojabone aangewend is, was net meer as ‘n derde vir ‘n veel groter roeping bestem - iets wat eintlik heeltemal per toeval, of is dit nou per ongeluk in ‘n belowende besigheid ontaard het? Op ‘n goeie dag in 1978 toe die destydse ontwikkeling van die Sun City-kompleks in die Pilanesberg net mooi momentum begin kry het, het hier ‘n kontrakteur stilgehou en begin besigheid praat. “As hy ‘n regte boer was, sou hy sekerlik sy pyp gestop en aangesteek het... Maar nee, die man wou nie tabak uitruil nie, hy wou bome koop. Op die deel van die plaas wat destyds die ou Pretoriapad (vandag die N4) begrens het, het ‘n stuk of 10 taamlike groot wildevybome gestaan. In Sun City se varsnuwe tuine was bome en plante in groot aanvraag, veral bome wat darem al ‘n redelike mate van kroon gehad het en darem ‘n indruk kon maak op mense wat binnekort hierheen sou kom om hul geluk te beproef...

Hennie het hom deur die voorstel laat geval, en die bome is uitgehaal, na Sun City vervoer, netjies en op korrekte wyse oorgeplant en versorg. Aan die hoof van die Sun City-landskapsprojek, was ‘n man met die naam Patrick Watson en natuurlik Top Turf wat groot bekendheid in die destydse tuineprojek verwerf het.

Hennie en Kiepersol was hierna toenemend as ‘n tipe van subkontrakteur betrokke.

Geskikte bome is per helikopter uit die lug geïdentifiseer en daar is oor groot areas in ons omgewing (Rustenburg, Saulspoort, Ledig en baie ander) gevlieg om bome te soek wat aan Patrick Watson se vereistes voldoen het. Watson het veral in Wildevybome, palms, olienhout, witstinkhout en kremetart belanggestel. ‘n Mens moet darem onthou dat tuine die omvang van Sun City nie aldag in Suid-Afrika aangelê is nie en dat selfs al die kwekerye in omliggende streke nie eens saam aan die vraag vir taamlik gevestige bome kon voorsien nie.

In daardie jare was dit boonop maar ‘n seisoenale ding. Bome is meestal in die winter uitgehaal en verplant wat dit betreklik moeilik gemaak het om die bedryf op ‘n werklik lonende wyse aan te pak. “’n Mens moes werkers hê om die bome uit te haal en alles wat daarmee gepaard gaan en ons het mettertyd ‘n stelsel ontwikkel om die spanne werkers en toerusting vir langer periodes produktief te benut sodat ons spoedig vir 12 maande van die jaar suksesvol bome kon uithaal, kon verplant, kon aankoop, kon herverkoop en versprei, dit het ons nie baie lank geneem om die “bome-ding” tot ‘n volwaardige besigheid en volhoubare bedryf te ontwikkel nie.

Terselfdertyd het ons geweldig baie geleer - ons het agtergekom hoekom sommige bome maklik doodgaan en ander floreer wanneer hulle verskuif word, ons het geleer van die korrekte bemesting en ag, ja, daar is soveel om te leer. Teen die tyd dat feitlik presies dieselfde projek hom met die begin van die Lost City-ontwikkeling sou herhaal, het Hennie se seun (Pieter) by sy pa en die span aangesluit en selfs in die tyd toe die aanvraag teen die einde van die Lost City-fase stiller begin word, het Pieter, Hennie en die res van die span nie op hul louere laat rus nie maar gewoeker om voorraad bymekaar te maak en ‘n behoorlike bome-kwekery het op Kiepersol ‘n vername besigheid geword, of was trouens, al lankal.

Mettertyd het die Sun International-vraag na voltooiing van die projek afgeneem. Intussen egter, het die vraag na bome in die korporatiewe wêreld hoogmode geword en ‘n splinternuwe mark geskep. Net só het luukse tuine onder vermoëndes begin toeneem. Kiepersol Kwekery was teen hierdie tyd al ‘n gevestigde boomspesialis van aansien en Patrick Watson het voortgegaan het om Kiepersol in talle van sy projekte te gebruik. In Pretoria waar die mark gebloei het, het nog twee Janse van Rensburg-broers (Gerrit en Jannie) aanvanklik as agente vir Kiepersol opgetree en binne ‘n kwessie van ‘n jaar of twee het dié broers ‘n eie, onafhanklike besigheid op die been gehad.

In die laaste fases van hierdie bloeitydperk is daar opgemerk dat die vraag na inheemse bome weens veral plaaslike “groen” inisiatiewe geweldig toegeneem het en dat die neiging na eksotiese bome afgeneem het. “Bome is maar soos modes - ‘n velskoen sal altyd mode wees - maar waarskynlik nooit hoogmode nie”, is ‘n goeie manier om dit op te som. In al hierdie fases het Kiepersol by die vraag, neiging en modes aangepas en trouens, in ‘n sekere mate die toon aangegee.

Vandag is Kiepersol gerat en gereed om enige kliënt, groot of klein, korporatief of privaat, met enige van sy boombehoeftes te help.

“Wat ons eintlik vandag doen, is om “tyd te verkoop”, verduidelik Pieter. ‘n Ou koop byvoorbeeld die laaste erf in ‘n nuwe uitbreiding waarvan die standplase met mooi bome eerste opgeraap is. Maar wie wil nou wag totdat jou kinders groot is voordat jy ‘n vuurtjie in die boom se skadu kan aanpak? Of jy het ‘n swembad gebou en wil ‘n bietjie privaatheid hê maar ‘n muur is nie deel van jou planne nie - dit is wanneer jy Kiepersol bel. Of natuurlik, jy open ‘n nuwe winkelsentrum, kerk, skool of hospitaal en wil dadelik die oog vang, ‘n netjiese indruk maak, skaduwee in die parkeerterrein aanbied.

Of jy is maar net soos miljoene mense toenemend bewus van die natuur. Bome verryk ‘n mens se lewe, is dankbaar vir jou versorging en liefde, lok voëls na jou huis, bied vir jou sieletroos wanneer jy Sondagmiddag in die skadu van jou gunstelingboom met ‘n dik boek gaan sit. Of dit is sommer net pragtig om na te kyk, om die wind deur die blare te hoor ruis...

Kiepersol Kwekery wat ook handel dryf as Tree Traders is presies 26 km vanaf Rustenburg ooswaarts op die ou Pretoriapad (Buffelspoort).

Hier kan jy tussen nagenoeg 15 000 bome kies en keur en by Hennie en Pieter feitlik alles oor bome te wete kom. Skakel Kiepersol sommer vandag nog by 083 325 3177 (Hennie) of 083 325 0865 (Pieter) of die epos henniekiepersol@gmail.com of inthabatrees@global.co.za

Trees for Africa

For the past 38 years some 70 hectares of a once conventional farm in the vicinity of Buffelspoort has literally grown into a “nursery” of note - the birth place of hundreds of thousands of trees. One cannot help to ponder about the “persistence” of destiny when one considers the Kiepersol Nursery (Tree Traders) story... On just 25 hectares of land ridden down (literally translated), on horseback in 1838, Cornelius Willem Janse van Rensburg - grandfather of third generation owner Hennie van Rensburg, concluded the layout of his farm to produce wheat, citrus and soy.

In 1978 destiny took a completely different course when the Hennie “accidentally” sold the first 10 wild fig trees of what would later become Kiepersol Nursery (Tree Traders). The development of the Sun City and later on, the Lost City resorts with its world-renowned gardens were in fact, instrumental in the unwinding of the Kiepersol story. As a conventional farmer, Hennie literally stumbled onto the promise of being a renowned “landscaping” subcontractor as a noted tree supplier in 1978. After this, nothing was ever the same again.

So great was the demand for trees destined for the Sun International gardens during the early eighties, that Patrick Watson, Top Turf and Hennie were responsible for sourcing suitable trees from all over the Rustenburg, Saulspoort, Ledig and Boshoek areas. This was mainly done by helicopter and once suitable “candidates” were identified from the air, contractors would get in their bakkies and drive to those sites to negotiate with the landowners. This was a laborious and time consuming process, but changed Hennie’s life forever... Today, almost 40 years later, Kiepersol Nursery is a respected and renowned supplier of a wide variety of indigenous trees and, together with his son Pieter, who has joined him in those early days, they have learnt the tricks, (or should we say the pitfalls?) of the trade...

(See end of Afrikaans version for contact details...)



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N