Lowveld
VLU-vroue leer meer oor 'n verskeidenheid onderwerpe
10:57 (GMT+2), Mon , 08 August 2016
Lowveld
Hester Schoeman, Alida bekker, Iris Kühn, Annatjie Maré en Lorna Botha.

Die Monsanto Mpumalanga VLU kongres het onlangs talle lede na Hazyview se Hotel Numbi gelok. Die kongres het hand aan hand geloop met die viering van die VLU se 21ste bestaansjaar met vermaak aangebied deur onder andere Amore Bekker, Johan Fick en Jannie Moolman.

Kongresgangers het gehoor hoe eierhouers ingespan kan word om saam te werk aan 'n beter toekoms vir vroue met "The Chicken Challenge" projek, gesien hoe die 'koeksistertannies' van Innibos en die manne van ATKV hul passie uitleef en na insiggewende praatjies geluister oor verslawing en voedingswaarde van eiers, om net 'n paar te noem. 

AgriEco het 'n paar vroue van Laeveldtakke, wat Malieveld, Lebombo, Vlamlelie, Barberton, Flamboyant, Loerie, Quireda en Schoemanskloof, raakgeloop.



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N