Lowveld
Bobaas-plaasbakkies van die sestigerjare
11:12 (GMT+2), Mon , 08 August 2016
Lowveld
Drie jaar later teen 1969 was die kranige 1300 Datsun steeds beskikjbaar - ook by Produkte Motots wat vandag nog die plaaslike Nissan handelaars in Mbombela is.

Die 1960's het groot veranderinge op die plaaslike bakkiemark gebring, nie net landwyd nie maar ook hier in die Laeveld. Blaai mens deur vroeër uitgawes van Die Laevelder uit daardie jare merk mens aan die advertensies hoe die plaaslike motorhandelaars ook weg beweeg het van die swaar Amerikaanse plaasbakkies wat tot op daardie stadium die boer se gunsteling-ryding was.

Voertuie soos die Ford F 100 Custom Cab, Dodge D-100, Chevrolet Custom Fleeside, die International -B110 en die Studebaker Champ. Maar vroeg in die jare sestig verskyn die kleiner ligter en heelwat goedkoper bakkies uit Japan op die Suid-Afrikaanse mark. 

Die Toyota Stout en Tiara - eers ingevoer deur die weefstof en klerevervaardiger, Albert Wessels en toe kort daarna hier vervaardig. Die here Bekker en Ackerman het weer die klein Datsun Bluebird en Junior bakkies ingevoer en kort daarna ook hier begin bou. 

Hier teen die einde van die dekade het 'n verdere gier die bakkiemark gepak. Dit was 'n styl uit Amerika, maar toe die Australiërs dit ook begin doen om middelslag en groter sedanmodelle as fabrieksvervaardigde bakkies hier beskikbaar gestel, was dit gou hier in Suid-Afrika ook baie gewild. Wie onthou nog die Chev el Camino, Ford Ranchero en Holden Special Pick-up?



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N