Limpopo
Bulle teen baie hoƫ pryse op Alleras-bulveiling verkoop
08:17 (GMT+2), Thu , 07 November 2013
Limpopo
Die Tamboti Toyota Alleras Bulveiling is reeds jare lank ‘n instelling op Lephalale en is vanjaar weer by die dorp se veilingskrale gehou.
Bonsmaras, Hugenote, Simmentalers, Brahmane, en Simbras was by hierdie veiling verteenwoordig.
Twee bulle het ‘n prys van R30 000 gehaal. Gawie Jacobs van Nigel het ‘n Bonsmara-bul vir hierdie bedrag aan CJ Alant, van Waterkloof verkoop en Kobus en Mieta Erasmus, van Lephalale, het ‘n Simmentaler vir dieselfde bedrag aan S. Johnson van Mondeor verkoop.
Erasmus se stoet, Jacmi Simmentalers, is bekend daarvoor dat hulle elke jaar die beste pryse op hierdie veiling behaal.
Nog twee Bonsmara-bulle en ‘n Simmentaler is het teen ‘n gemiddelde prys van R25 000 verkoop.
‘n Hugenoot-bul het R21 000 gehaal, met die Brahman en Simbra wat onderskeidelik R16 000 en R13 000 behaal het. Kommersiële koeie is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R5 457, verse teen R4 250 en koeie met kalwers net onder R8 000.



Gallery
AgriEco
Voting Poll
N