Central SA
Krisis kom as goeie re├źn nie val
08:45 (GMT+2), Thu , 16 January 2014
Central SA
Dirk Kok - Boere in die droogtegebiede in Noordwes, die Vrystaat en Noord-Kaap gaan in 'n groter krisis gedompel word indien daar nie binne die volgende twee maande goeie reën en opvolgreën val nie, sê landbouleiers.
Agri-Noordwes se Boeta du Toit, Vrystaat Landbou se Henk Vermeulen en Agri-Noord-Kaap se Johan van Rensburg, sê boere het dit steeds bitter moeilik in dele van die drie provinsies.
Reën gaan die enigste redding vir oeste en weiding wees.
Hulle sê selfs dele waar onlangs goeie reën geval het, het nie genoeg opvolgreën gehad nie. Veld het weer verdor en saaiboere is benoud dat hulle nie genoeg opvolgreën vir behoorlik grondvog gaan kry nie.
Du Toit sê as die reën wegbly, gaan Noordwes 'n tweede rampdroog winter beleef.

Luister by www.ofm.co.za/article/140803/Krisis-kom-as-goeie-reen-nie-val.



Gallery
AgriEco
Voting Poll
Y