Central SA
Planne vir Bothaville-landboukollege op dreef
08:51 (GMT+2), Thu , 16 January 2014
Central SA
Hettienne von Abo-Moolman voor die stadsaal op Bothaville.
Dirk Kok - Die voorsitter van die Mieliehoofstad-sakekamer op Bothaville, Hettienne von Abo-Moolman, sê die planne vir 'n private landboukollege op die dorp is goed op dreef.
Sy sê die projekspan is hard aan die werk om aan die statutêre vereistes te voldoen om volgende jaar 'n diplomakursus hier aan te bied. Die plan is om die eerste instelling in die land te word wat 'n volwaardige kursus in landboutoerisme aanbied. Daarvoor word saam met 'n kenner, Ernie Heath, van die Universiteit van Pretoria (UP), gewerk.
Daar word ook saam met die argitek Nicholas Clarke, van die UP, gewerk om samewerking uit Nederland te kry vir die restourasie van die geskiedkundige stadsaal op Bothaville. Die plan is dat die stadsaal, wat deur die Nederlandse argitek JP Hulshof ontwerp en in 1950 gebou is, die administratiewe sentrum van die kollege sal wees.
Von Abo-Moolman sê daar gaan reeds vanjaar kortkursusse in landbou op die dorp aangebied word.

Gallery
AgriEco
Voting Poll
Y